2025 – Hier kom ons!
Réne Hugo – Nou is Kersfees iets van die verlede: alle gaste-beddegoed is gewas, oorgeblewe kos is in klein pakkies in die vrieskas verpak en ons sit of loop rond met niks om te doen nie!
Ai, dis sooo jammer dat die lekkerte en woeligheid van Kerstyd darem so maklik in die niet moet verdwyn. . .
Soos meeste mense wonder ek ook nou: hierdie jaar wat voorlê – hoe gaan dit wees? Natuurlik is dit moeilik om die onbekende toekoms te voorspel – maar kan ons nie dalk leidrade uit die verlede kry om die jaar wat kom sinvol aan te pak nie?
Hierdie idee is nie regtig so dom soos dit klink nie! Die filosoof Santayana het immers gewaarsku: “Those who cannot remember the past are condemned to repeat it.” En hier ter plaatse het Adam Tas (na bewering) dit miskien duideliker gestel: “Gebeure moet hulleself herhaal, want die donners leer nie!!”
Maar nou kom die vraag – watter dinge uit die verlede kan vir ons van waarde wees vir hierdie jaar wat aan die deur klop?
Ek het eers gedink om te gaan kyk na wat ’n eeu gelede gebeur het en vind toe die volgende belangrike gebeure van 1925:
* Benito Mussolini het homself as diktator van Italië aangestel.
* Adolf Hitler se “Mein Kampf” is gepubliseer.
* In Namibië het die Suid-Afrikaanse regering krygswet in Rehoboth ingestel en sowat 319 mense is vir die oortreding hiervan gevonnis.
* In Suid-Afrika is Afrikaans, naas Engels, as amptelike taal erken.
By nabetragting is daar nie veel hiervan wat sinvolle riglyne vir die toekoms van 2025 kan wees nie (hoewel ek tog ’n bietjie wonder oor die moontlike ooreenkoms tussen Italië van die verlede met gebeure in die huidige VSA?!).
Maar miskien is 100 jaar te ver in die verlede. Kom ons kyk eerder na wat sowat 50 jaar terug gebeur het.
In 1975 het die volgende twee baie belangrike dinge gebeur: Die Viëtnamese oorlog het tot ’n einde gekom en Bill Gates en Paul Ellen het Microsoft geskep. Ja, dit wil vir my lyk asof hier dalk waardevolle riglyne vir vanjaar kan wees.
Ons weet dat die Viëtnamese oorlog verskriklike lewensverlies, hartseer en trauma veroorsaak het. So iets moet altyd ’n waarskuwing wees: op nasionale vlak maar ook op individuele vlak. Oorlog demonstreer duidelik dat probleme nie deur gevegte, bloedvergieting of stryd opgelos kan word nie.
In die verband het Thomas Mann gesê: “War is nothing but a cowardly escape from the problems of peace.”
Kom ons probeer dan in 2025 om ook ’n einde aan ons klein oorloggies te maak: om die strydbyle weg te gooi, om probleme in die gesig te kyk en oplossings met mag en krag te soek!
Terwyl ek so hieroor dink, ontdek ek dat daar tog ’n belangrike ding 50 jaar gelede in Namibië gebeur het.
In September 1975 het die Suid-Afrikaanse regering die “Turnhalle Constitution Conference” van stapel gestuur. Die gevolge hiervan is wel bekend – en onderstreep weer eens die sinneloosheid van oorlog (of dit nou ook al bloedige gevegte of hartseer-rusies is) en die belangrikheid van kommunikasie om probleme op te los. En om sodoende die verlies aan geliefdes, liefde en samesyn te voorkom.
Laastens moet ons sekerlik ook wonder: wat leer Microsoft se ontwikkeling van 50 jaar gelede vir ons in hierdie nuwe jaar? Só baie dinge, maar veral sinvol in die Afrikaanse idioom uitgedruk: “Wie nie waag nie, kan nie wen nie.”
Mag 2025 vir ons almal ’n vredevolle, vreugdevolle en voorwaartse jaar wees!
– Gasskrywer
– [email protected]
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Network Media Hub (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie