Aanhou, uithou, moedhou
Deesdae word die aandag voortdurend geplaas op mans wat selfdood pleeg.
Dan word daar gesê mans moet meer oor hul gevoelens praat, dat mens nie so alleen die gewigtige druk van die lewe hoef te dra nie, dat hulp beskikbaar is en ’n man moet net vra voor hy so ’n finale uitweg kies.
Weer eens is dit die man se skuld.
Weer eens is hy ’n mislukking omdat hy nie braaf genoeg was om oop kaarte te speel oor wat hy deurmaak nie; hoekom hy nie ’n ander uitweg sien nie.
Die oplossing wat die wêreld bied, is egter glad nie ’n oplossing nie.
Mans het goeie redes hoekom hulle nie graag oor hul gevoelens wil praat nie.
Kom ons begin by die verhouding tussen mans. Jy moet nie sommer wys hoe jy voel nie, tensy jy jou gunstelingspan se jongste oorwinning vier, of as jy kwaad is oor die span se jongste nederlaag. Dié twee emosies is aanvaarbaar. Selfs teleurstelling is nie ’n veilige emosie om sommer net so uit te blaker nie.
Hou jou in of jy word vinnig ’n teiken. Ons is geneig om mekaar maklik te spot en nie almal van ons is oplettend genoeg om te besef jy maak jou vriende seer nie. Mans is gewoond om seer met seer te veg, en geweld is nooit onmoontlik nie.
Ook in terme van die wyer samelewing stel jy jouself bloot as jy as man jou kwesbaarheid ten toon stel.
In mense se oë is dit ’n swakheid, en ’n swak man word vinnig ’n teiken vir disrespek.
Mans moet sterk wees; die wêreld vereis dit van ons.
Tog is dit ’n werklikheid dat mans nie altyd sterk kan wees nie. Ons val, ons misluk, ons maak foute, ons stel teleur, onsself en ander. Soms raak dit als net té veel.
Hoe nou?
As mans het ons verskeie metodes oor die eeue ontwikkel, en dit werk.
Oefening is uitstekend vir mans, en dit gee die geleentheid om dinge in jou eie kop uit te werk. Selfs stap tel, as jy nie geniet op gewigte op te tel nie, of jou bene dra jou nie meer so vinnig oor die sokkerveld nie.
Mans baat ook deur tyd saam met kinders, familie en vriende deur te bring. Kuier saam met iemand en bring vleis saam as jy kan.
Ek hou van lees, en soms speel ons videospeletjies of bordspeletjies, maar om sport te kyk, is ’n gewilde stokperdjie onder mans en dit help hulle ook om vir ’n rukkie “af te skakel”.
Ons raak te maklik in ons probleme verstrengel.
Oplossings kom nie altyd maklik nie.
Tog is dit ook ’n noodsaaklike deel van manwees. Jy pak die lewe aan. Jy durf jou man staan. Jy val, jy word neergeslinger, maar jy staan weer op.
’n Man staan weer op en probeer weer.
Iewers moet jy die moed vind om aan te gaan. Op een of ander manier moet jy net uithou, aanhou, moedhou.
Opgee is dood.
Ons is nog nie dood nie.
Ons is mans.
– [email protected]
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie