Afslag op verlore tyd
SMN 30 jaar gelede
Placido Hilukilwa – Hoekom betaal ’n mens so min vir ’n rit in ’n taxi tussen die middestad en die woonbuurt Katutura? Taxi’s behoort mos baie meer as net N$2 vir dié afstand te vra!
Ek het eers verlede week die antwoord vir dié vraag gekry.
Tyd is mos geld, né? Dus betaal ’n mens minder omdat daar met só ’n rit baie van jou kosbare tyd onbenut vermors raak. As dit nie so was nie, sou taxibestuurders dalk N$10 of meer per rit gevra het.
Miskien moet die owerhede ’n ander tydsone vir die woonbuurte Hakahana, Wanaheda en Okuryangava oorweeg. Op dié manier sal diegene wat hier woon en wat daagliks na die middestad moet ry om by hul werk te kom, dalk daarin slaag om hul werk te behou. Almal weet mos wat gebeur met iemand wat gedurig laat by die werk opdaag. Ek het verlede week self die slakkepasprobleem van taxi’s ervaar. Dit was Donderdag.
Agtuur in die oggend was ek by die taxi-staanplek. Daar was soveel mense wat op taxi’s staan en wag het, dat ek besluit het om maar eers huis toe te gaan.
’n Halfuur later was ek weer by die staanplek – ek het onmiddellik ’n taxi gekry. Die taxi ry toe verby die Sekondêre Skool Anna Shipena, tel iemand op en daar gaan ons Oshakati-vulstasie toe. By dié vulstasie tel ons weer iemand op na A. Shipena en daarna ry ons met Abraham Mashego-straat langs na die CCN-sentrum.
Hier laai ons iemand af en tel ons ander twee op wat na die Grysblok – “tot by die huis” – gaan.
Daarna is ons terug na die Soweto-vulstasie en daarvandaan in Onafhanklikheidslaan af. By die Damara Een-bushalte word aangedoen, waarna nog twee mense by die “Gemengde”-bushalte nadergeroep word. Dit was al 09:18. Die laasgenoemde twee passasiers is hierna by die Owambo-bushalte, op die hoek van Sentraallaan en Hostelstraat, afgelaai. Toe ons by die Hakahana-vulstasie kom, besluit die taxibestuurder hy ry nie met net een passasier dorp toe nie.
Ek moet eerder ’n ander taxi vat.
Ek roep toe maar ’n ander taxi nader. Dié ry verby die Sekondêre Skool Immanuel Shifidi na die “Grootwinkels” toe. “Jammer meneer, maar ek moet gou twee passasiers by die enkelkwartiere gaan aflaai.
Wees asseblief geduldig,” was die taxibestuurder se verduideliking vir die nimmereindigende rit.
En die tyd stap aan!
Van die enkelkwartiere, het ons verby die Katutura-polisiekantoor gejaag om “’n paar minute te herwin”.
By die Sentrale Hospitaal se afdraai het die taxi gaan staan.
“Wat is fout,” wou ek weet.
“Petrol is op. Vat asseblief ’n ander taxi,” was die bestuurder se antwoord. Dit was reeds 10:05. Gelukkig was ek veronderstel om eers 11:00 te begin werk.
– 18 Januarie 1994

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie