Agterstevoor en onderstebo
Wanneer dinge nie uitwerk soos wat jy verwag het nie, dan word gesê: “Ag wel, jy kry nie altyd wat jy in die lewe wil hê nie.”
Of wanneer ’n goeie daad skeefloop, dan is dit “Murphy’s Law.”
Of wanneer jy net jou lot moet aanvaar, word gesê: “Dis wat dit is. . .”
Dis nou soos ek wat professioneel op ’n koue dag wil lyk, maar moet hoor ek het my trui onderstebo aangetrek (én my gulp is oop).
Dink jou net in hoe snaaks dit moes lyk om by ’n deftige geleentheid my trui reg aan te trek én my gulp op te trek.
Of om dalk laat vir 'n vergadering te wees (omdat ek besig is met 'n ander vergadering), en dan in die verkeer te jaag, net om agter ’n bestuurder op te eindig wat ry asof hulle die wêreld se tyd het.
Daag nat gesweet by die volgende vergadering op net om te hoor die vergadering is uitgestel.
En gedurende die gejaag, dink jy aan jou gesondheid.
Ek moet fiks en gesond wees. Ek moet by die gimnasium uitkom, fietsry, hardloop en swem – en al die gesonde kos en vitamiene koop wat ek nodig het om optimaal te presteer. Dan tref dit my ek het ’n mediese fonds wat na my gesondheid omsien.
Maar om die produkte te koop om gesond te bly (want mediese fondse se uitgawes sal mos minder wees as ek minder siek is) is ook nie so maklik nie. Die mediese fonds sê hulle dek slegs die medisyne wanneer ek siek is – en dan is daar ook ’n beperking op wat hulle betaal.
Dus het ek besluit om ’n rekening by ’n winkel oop te maak om kos, vitamiene en klere te koop om gesond te bly. Dan vra die winkelassistent of ek ander rekeninge het.
Ek sê trots: “Nee!” Ek is mos n voorbeeldige mens met geen skuld nie.
Hul antwoord: “Ongelukkig kan jy nie ’n rekening oopmaak nie aangesien ons nie jou kredietwaardigheid kan nagaan nie.”
Wel, om gesond op ’n koue dag te bly, terwyl ek professioneel moet lyk, warm bly en betyds moet wees, het ek 'n salaris nodig. Maar die salaris is nie gratis nie; ek moet nog belasting betaal – wat ek doen. Maar as ek vir een of ander onskuldige en onkundige rede skuldig bevind word dat ek N$2 se belasting uitstaande het, word ek gewaarsku om dadelik te betaal; en as ek dít nie doen nie, sal ek rente betaal. En as ek dít nie doen nie, kan ek vervolg word.
Maar Jan Taks skuld my al vir twee jaar N$2 000, en alles wat ek doen om dié feit onder hul aandag te bring, word botweg geïgnoreer.
Wel, ten minste kan ek my kind “gratis” skool toe stuur. Dis darem gratis. Lekker! Dan kom hy/sy huis toe van die “gratis” skool af en sê hulle het nie boeke en skryfbehoeftes nie; hulle het nog nie ’n rooster ontvang nie; hulle moet nog in klasse ingedeel word; die eksamen is om die draai; en die onderwysers staak omdat hulle nie 'n salarisverhoging gekry het nie.
Hoekom is onderwys gratis as dit so duur is?
Sonder opleiding het my kinders steeds 'n werk nodig, maar hulle kan nie bekostig om universiteit toe te gaan nie; dis nie gratis nie. Dus moet hulle geld verdien om te studeer om 'n bestaan te kan maak. Of nog erger, hulle is bevoorreg genoeg om te studeer en 'n graad te kry om as 'n werkende Namibiër 'n bestaan te maak en in hul basiese behoeftes te kan voorsien. Maar voor hulle ’n werk kry, vereis hul voornemende werkgewer dat hulle ondervinding het. Wat?!
Ozzy Osbourne het ’n liedjie geskryf: “Jy maak jou dood om te lewe,” en Jesus Christus het gesê: “Om te lewe, moet jy sterf.”
Die enigste ding wat sin maak uit al die agterstevoor en onderstebo is dat jy verantwoordelik is vir hoe jy lewe. – [email protected],.na

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie