Akademiese kakofonie
Sê maar net 30 jaar gelede
Gene Travers – Dit wil voorkom asof Namibië se boewe hier is om te bly en dat hulle nou deel van ons daaglikse lewe geword het, want die owerhede vind blykbaar geen antwoord op dié euwel nie.
Nou het ek gewonder of die spul boewe nie ook maar bymekaar wil kom en ’n vakbond te stig nie. Hulle kan weekliks vergaderings hou en die verskillende bendes kan mekaar dan inlig oor by watter mense hulle reeds daardie week ingebreek het. Op dié manier kan dit dan verhoed word dat dieselfde man twee of selfs drie keer in een week gestraf word.
Dit kan natuurlik vir die boewe ook voordelig wees, want ek kan my net voorstel hoe frustrerend dit vir ’n boef moet wees as hy gesukkel het om by ’n huis in te breek, net om te vind dat sy pêlle reeds die vorige aand die plek gestroop het.
Dit wil nou voorkom asof misdaad so in Windhoek gevestig is dat jy al toestemming kan kry om die wet te oortree.
Letterlik honderde inwoners van die hoofstad het verlede week by die polisie gekla oor die oorverdowende geraas by die Universiteit van Namibië (nou beter bekend as die Disco Universiteit). Klagte van rusverstoring is aanhangig gemaak, maar die polisie se antwoord was dat die studente toestemming gehad het om die rus vir vier dae feitlik regdeur die nag te versteur. Die polisie se hande was gebind en hulle kan niks doen nie.
Rassistiese, seksistiese en dwelmverwante slagspreuke is ook deur die oproerige studente teen die universiteitsgeboue se mure en ruite geverf.
Lede van die publiek wat self gaan kla het, is gevloek en aangerand en selfs die paar polisiemanne wat dit nog gedurf waag het om net te gaan vra dat die musiek sagter gespeel word, is daar weggeboender.
Nou wonder ek by wie kry ’n mens sulke toestemming om sulke oortredings te pleeg. En ek wonder watse soort mense dié universiteit eendag gaan oplewer.
Ingenieurs, veeartse, dokters, argitekte, toekomstige leiers van die Volk of “punks”?
As die musieksmaak nog goed was, kon ’n man hoop vir ’n Stevie Wonder, maar met die geraas wat uit daardie “kultuurfees” opgedruis het, kan die Minister van Landbou gerus daaraan dink om die lawaaimakers aan te wend om die volgende sprinkaanplaag te bekamp.
Hulle sê leë blikke maak die meeste geraas.
Nou wonder ek of die regering nie maar vir die polisie ook ’n kantoor kan stig waar hulle toestemming kan vra om misdaad te bekamp nie? – 22 September 1993

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie