Alles is moontlik
Mag ek asseblief hierdie geleentheid neem om julle almal te herinner dat alles moontlik is.
Onmoontlik is nie ’n werklike ding nie. Dit is iets wat net in jou kop bestaan. Dit is nie ’n konsep wat die natuur sal stop nie.
Hy kry dit reg.
Die werklikheid is nog minder geneig om deur “onmoontlik” gekniehalter te word.
Dit bestaan.
Alles bestaan en dit wat bestaan is alles. Daar is niks wat nie bestaan nie.
Die groot meerderheid van wat bestaan is egter van geen belang vir jou of my nie. Alles is wel gekoppel en selfs ons is verbind aan die werklikheid, maar die meeste daarvan raak ons min. Ek sien nie al die wonderwerke wat gedurig ver van my, of op ’n klein of groot skaal, om my gebeur nie. Ek hoor nie die boom wat diep in die woud val nie. Ek is nie by terwyl die haai ’n hap uit ’n rob in die koue waters vat nie.
Dit gebeur tog, maar dit raak my nie (so veel nie).
Jou werklikheid is wel van belang. Dit is van uiterste belang.
Daarom moet ons elkeen aandag gee aan ons eie werklikheid. Ons lewens word deur daardie werklikheid geskep. Daardie selfde werklikheid wat nie skrik vir “onmoontlik” nie. Daardie werklikheid bied die omstandighede waarin ons dag in en dag uit moet asemhaal. Mens kon selfs sê jou omstandighede onderdruk jou.
Tog is jy verantwoordelik vir jou omstandighede. Jy kan en moet beheer vat van jou lewe, ten minste in so ’n mate waar dit moontlik is. Die beperking van “is dit moontlik”, is die grens wat jy self vasstel. Of dit nou weens jou geloof is, leemtes in jou kennis, ’n tekort aan hulpbronne of bloot omdat jy nie genoeg aandag geen nie; jy bepaal wat moontlik vir jou is.
Dit is hoekom ek almal – insluitende myself – wil herinner: Ons eie beperkings is nie die beperkings van die lewe nie. Alles is moontlik. Dit is van nature ’n skrikwekkende konsep. Jy mag streef na ’n ideale werklikheid, ’n luukse lewe, maar jy sal ook moet keer of die kasteel tuimel rondom jou in.
Enigiets kan gebeur. Soos ek die lewe ken, sal dit ook.
Aan die anderkant voel ek die onvoorspelbaarheid van die lewe is een van sy mooiste aspekte.
Binne die omstandighede kom ek tot die gevolgtrekking dat mens moet leer hoe om te lewe. Die ergste is, jy moet jouself leer ken. Jy moet self uitvind, aanpas, deurtrek. Maar as jy dit begin regkry, raak dit tog so lekker!
Wat ’n wonder is die lewe. Wat ’n gawe vir ons wat mag lewe.
Die Engelse sê: “Hope springs eternal.”
Al vermorsel die lewe jou laaste hoop, ontkiem hoop net weer, al is dit iewers anders. Alles is dan moontlik, so hoe dan nie?
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie