Alles op een slag
My gunsteling-televisiereeks, Arcane, se tweede seisoen is uit. Vir meer as drie jaar wag ek nou al in spanning vir hierdie episodes om uit te kom, maar ek kan dit nie nou al begin kyk nie.
Nie omdat dit nie in Namibië beskikbaar is nie en nie omdat ek nie Netflix het nie. Nee, dis omdat slegs die eerste paar episodes uit is. Hoe is ek veronderstel om die reeks te kyk as al die episodes nie daar is nie? Een vir een asof ek lewe voordat hulle kleur ontdek het? Nee dankie.
Ek kan nie begin voordat alles daar is nie. Ek wil al 12 ure se episodes op een slag kyk. Hoe anders? Dis hoe dit gedoen word. Dis waaraan almal deesdae gewoond is. Ons binge-dinge.
As ek die slag ’n boek lees, dan wil ek dit Vrydagmiddag optel en voor Sondagaand heeltemal klaar lees. Indien ek Maandag werk toe gaan voordat die laaste bladsy gelees is, sal dit maar vir ewig onvoltooid op my bedkassie lê. Tot ek dit in die boekrak terugplaas en daarvan vergeet.
Dalk het dit iets te doen met ons verkorte aandagspan of dalk laat dit ’n mens goed voel wanneer jy ’n goeie episode kan kyk, en dan nog een, en nog een en voor jy weet is dit 02:30.
Dit het vererger tot die punt waar ek my werk ook binge. Dit maak nie sin om nou bietjie te skryf en dan later aan te gaan nie. Toe ek nog gereeld opstelle geskryf het, het ek dit alles ook op een slag gedoen. Ek het dalk laat namiddag, rondom 18:00, begin en deur die nag gewerk tot die volgende oggend 05:00. Ek kan nie iets bietjie vir bietjie doen nie – dis alles of niks.
Nou, ek dink nie ek hoef te veel te praat oor hoe ongesond hierdie werkstelsel is nie. Ons almal weet dat hierdie metode nie volhoubaar is nie; dit verhoed ’n mens om goeie gewoontes te vorm. Die studies is daar – ek weet, want ek het omtrent 15 van hulle in een dag gebinge eerder as om te slaap.
Die logiese plan van aksie vir nou is om ’n tweede kyk na my lewe te gee, beter vir my week te beplan en vroeër te gaan slaap. Ek moet nederig erken ek sal nie kan volhou met hoe dinge nou is nie. . .
Maar lyk ek soos ’n lafaard? Dink jy regtig ek is enigsins bereid om verantwoordelikheid te aanvaar vir my eie dade? Belaglik. Ek loop op so min slaap (alles my eie doening, natuurlik) dat ek bereid voel om man tot man teen Zeus, die Griekse god van storms en weerlig, te veg. Ek het geen idee of ek gaan wen nie, maar ek het onlangs omtrent agt ure lank YouTube-video’s oor militêre strategie en vegtegnieke in antieke Griekeland gebinge. Ek weet dinge wat niemand ooit in vandag se lewe sal nodig hê nie.
Boonop het ek amper heel aand wakker gebly terwyl die Amerikaanse verkiesing plaasgevind het om te sien wat daar sou gebeur – so ek is in die bui om te veg.
Ek gaan heeltemal eerlik wees – ek dink nie dat ek, en menige ander, in die nabye toekoms gaan ophou binge nie. Hetsy dit flieks, reekse, kos, ystee (’n persoonlike gunsteling), oefening, werk of simpel YouTube- en TikTok-video’s oor hoe die Engelse lidwoord “a” al hoe meer soos die Afrikaanse “’n” uitgespreek begin word, ons gaan aanhou binge. Maar dalk kan ek Arcane oor die loop van drie dae in plaas van een dag kyk. Elke stap help. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie