Van Windhoek tot Uithoek
Van Windhoek tot Uithoek

Amerika – die land van botoks en vullers

Van Windhoek tot Uithoek
Kristien Kruger
Soos mens seker kan verwag, is die persepsie van skoonheid nie orals dieselfde nie.

Hier in Amerika is dit beslis baie anders as waaraan ek gewoond is.

Die meerderheid vroue wat ek al hier ontmoet het, het botoks of lipvullers of een of ander tipe kosmetiese prosedure laat doen. Dit is glad nie ongewoon nie en daar word nie oor dié tipe dinge gefrons nie – hoofsaaklik omdat meeste vroue hier nie kán frons nie.

Hier is jy uit die mode as jy nog jou hare in ’n kantpaadjie kam en “skinny jeans” dra. Liggame word bruiner gevryf, gesigte word stywer gespuit, grimering word aangeplak, hare word gekleur en lippe word groter gemaak. Mense verander gedurig hul voorkoms om by seisoenale modegure aan te pas en ek kan my net indink hoe uitputtend en duur dit moet wees.

Ek wil glo dat ons in Namibië steeds baie waardering vir natuurlike skoonheid het. Die mooiste vroue wat ek ken, dra nie baie grimering nie. Hulle is vreesloos hulself. Tevrede met dit wat God hulle gegee het. Opreg. Natuurlik.

Dit is in elk geval my opinie dat skoonheid nie al hierdie moeite, pyn of geld werd is nie. Dit sal jou waarskynlik help om ’n lewensmaat te kry, maar dit gaan jou nie help om ’n gelukkige huwelik te bou nie. Dit gaan dalk vir jou ’n paar deure in die lewe oopmaak, maar dit gaan jou nie suksesvol maak nie.

Menswees, werksetiek en opregtheid – fokus eerder daarop. Nie net in terme van jouself nie, maar ook ander mense.

Die mooiste deel van ’n vrou is haar intelligensie, selfvertoue en tevredenheid met wie sy is. Die res is ’n bysaak en moet nie dat die wêreld jou anders oortuig nie.

Skoonheid vergaan, maar deug bly staan.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!