As jy swaarkry met lekkerkry klaarkry
Die gedig ”’n Werkresep” deur C.J. Langenhoven lê my van kleintyd af na aan die hart.
“Dis die smorende vuur wat swaarkry / En tog nie die kos kan gaarkry - / Die vrolike vlam wat klap en kraak / Is hy wat sy taak tot vermaaklikheid maak / En sy swaarkry met lekkerkry klaarkry...”
My ma en ouma het dit dikwels vir ons as kinders aangehaal, veral wanneer jy as dikbek-tiener die take wat aan jou opgedra is met sulke lam arms en swaar treë aangepak het.
Daar steek (na my mening) ook ’n dubbele betekenis daarin.
Eerstens sal jy met ’n dikmond en trae treë baie lank vat om aandete voor te berei. Met ’n besliste vasberadenheid gaan dit spanne beter.
Met ’n titseltjie inisiatief daarby help dit jou om in minder as ’n uur ’n lekker ete op die tafel te sit. (Dit help ook as jy vir jou resepte en idees vir etes bymekaarmaak, wat maklik en vinnig is om voor te berei.)
Die tweede betekenis van die gedig is natuurlik om jou take ligter te laat voel deur maniere te vind om jou omgewing op te vrolik terwyl jy werk.
Dit help byvoorbeeld om so tussendeur jou taakverrigting grappige liedjies vir jouself te sing om die taak vinniger agter die rug te kry. Selfs al speel die wysie net in jou kop, met musiek maak ’n mens jou werk ook aansienlik lekkerder as jy byvoorbeeld jou gunstelingmusiek in die agtergrond speel.
My ouma het desjare ’n ou draadloos in die kombuis gehad en kon in ’n ommesientjie al haar kombuiswerkies verrig. Dan was die kind wat moet opwas, die een wat moet uitvee of stoepe vee, sommer almal vroliker. Self ons dierbare tuinwerker het, daar waar hy hark, so af en toe ’n danspassie ingekry.
Seker daarom dat die jonger geslag almal met oorfone sit en werk. Dit werk veral uitstekend in die ontwerpers- en kreatiewe afdelings, want hulle kan beter konsentreer met musiek wat nuttelose geluide van buite verdoesel.
Dis egter raadsaam dat jy eers die persoon met die oorfone van jou teenwoordigheid bewus maak alvorens jy met hom of haar praat. Die oorfone keer darem dat ons ander nie na vreemde soorte doef-doef-musiek hoef te luister nie, maar dis ’n storie vir ’n ander dag.
Terug by take in en om die huis – ek het egter gevind om die TV aan te skakel terwyl ek die sitkamer skoonmaak, is in hierdie konteks nie so doeltreffend nie aangesien ek aandagafleibaar is. Snaaks genoeg kan ek baie maklik verdiep raak in dit wat op die kassie afspeel. Dan stof ek nie meer af nie, die stofsuier word ook nie aangeraak nie. Daardie soort dinge lei nie my aandag af nie.
Alle goeie voornemens is vergete, want voordat ek my kan kry sit ek in die gemakstoel en kyk televisie, eerder as om my huistake af te handel. En dan raak ek ook sommer daar aan die slaap. Op die ou einde betrap die medehuismense my dan daar met onverrigte sake wat huiswerk betref.
Hoewel niemand dit waag om my daaroor aan te vat nie, voel ek tog maar erg verleë. Daar is geen flou verskoning wat hier gebruik kan word nie, want jy is letterlik op heter daad betrap.
– [email protected]
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie