As jy vlak is, is alles diep
Ek kan nie heeltemal sê wanneer of waar nie, maar iewers in verlede jaar het ek myself verbaas deur ’n fliekfoendie te word.
Veral flieks en filmreekse wat jou laat dink, soos The White Lotus, Decision to Leave en Blade Runner 2049. Miskien is dit omdat ek nou meer kamerawerk doen as wat ek as tiener kon droom. Ek is gaande daaroor om iets klaar te kyk en dan net eenvoudig te sit en dink – oor die kamerawerk, die oomblikke wat dalk dieper is as wat hulle aanvanklik voorkom en oor die lesse wat hierdie span kunstenaars aan sy gehoor probeer oordra.
Hoewel ek ’n paar woorde te sê het oor die klaarblyklike dood van flieks met ’n middelmatige begroting, was dit vir my nogal snaak om te sien hoe die helfde van die wêreld in sirkels praat oor Glass Onion: A Knives Out Mystery.
ֲֹ’n Gekke storielyn wat eenvoudig voorkom of hulle kon sien hoeveel lawwigheid hulle mee kon wegkom, raak toe skielik die onderwerp van video-opstelle en diep gesprekke oor hoe sielsiek ons as mense is. Hoewel dit nie vir my is om te sê of daar ’n dieper betekenis agter Dave Bautista (ja, die knaap van WWE) se satyn hemde met die luiperd kolle is nie, kan ek nie anders as om te dink aan die Beatles se liedjie met die naam “Glass Onion” nie.
John Lennon het destyds verduidelik dat hierdie liedjie eenvoudig net ’n klomp woorde in ’n mengbak was; geskryf om mense wat té diep skrop vir ’n betekenis gek te maak. Steeds is daar honderde aanlyn artikels wat spekuleer oor hoekom Paul (McCartney) die walrus is waarna daar in die liedjie verwys word.
Dieselfde het meer onlangs met 2013 se Australiese pop-sensasie Vance Joy gebeur toe sy liedjie “Riptide” in daardie jaar telkemale op die radio gespeel is.
Joy het in ’n onderhoud kort na die liedjie se sukses verduidelik dat daar eintlik geen betekenis agter die woorde is nie. Hy sê dat hy eenvoudig net woorde gesing het wat pas. Hoewel hy erken dat daar verwysings na films en belangrike oomblikke in sy lewe in die mengelmoes versteek is, is daar geen dieper storielyn nie.
Steeds word die boodskap van huishoudelike geweld; liefde wat nêrens gaan nie; ’n man wat bang is om ’n vrou lief te hê; ’n vrou wat bang is om ’n man lief te hê; en selfs ontvoering wat kwansuis agter die lirieke skuil, oor en weer gedeel.
Hierdie is juis hoekom wetenskaplikes hulself gereeld in groepe opdeel en geen kommunikasie tussen die groepe toelaat tot elke groep die antwoord tot ’n komplekse probleem gekry het nie – jou brein het die antwoord, dan vul hy die som in.
Die ironie is dat die soeke na diepte in liedjies en films saam met die bestaan van die internet vlamgevat het. Nou dat ons toegang het tot alles, het ons eintlik toegang na min dinge wat sin maak. Ek dink die mensdom het nou té slim geword – of dalk te oppervlakkig.
Ek dink as ons na ’n goeie ou Afrikaanse gunsteling Pad na Jou Hart kyk, kry ons dalk die antwoord wanneer Amoré [Donnalee Roberts] die jong sakeman Basson [Ivan Botha] vriendelik waarsku met: “As jy vlak is, is alles diep”.
Dalk het ons so “vlak” geword omdat daar nou té veel is om te leer, en dus leer ons net genoeg om ’n oppervlakkige gesprek oor hierdie onderwerp te kan voer.
In die ou dae – lyk dit – was indiepte-kennis oor een of twee onderwerpe die “in” ding, juis omdat daar waarskynlik net toegang was tot een of twee onderwerpe.
Deesdae hoef jy nie veel oor ’n onderwerp te weet nie, maar jy moet seker maak dat jy darem ’n bietjie van alles weet.
Ek glo egter steeds as jy oor alles omgee, gee jy om oor baie min dinge; en “as jy vlak is, is alles diep”.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie