As kinderregte oorneem
Sê maar net 30 jaar gelede
Issaskar Kapuka – Ek moet nou weer eens met ons jong mense praat in die hoop dat hulle aanstaande jaar beter eienskappe van toekomstige leiers sal toon, want hulle het mos ewe skielik van al hul regte bewus geword wat hulle in die verlede misken was.
Hulle het nou regte waarop hulle in alle erns aandring. Hulle mag staak om te eis dat die een of ander skoolhoof of onderwyser summier uit diens ontslaan word.
Hulle mag selfs aan die media voorskryf wat berig behoort te word. So kan ek aangaan tot vervelens toe.
Maar die kersie op die koek is hul reg om ná die afskaffing van lyfstraf hul ouers selfs voor die hof te kan daag en te weier om die “ses van die bestes” te kry wanneer hulle ’n ou toetsie dop.
Inderdaad. Dinge het beslis vir jong mense verander – en dit word in die Grondwet verskans!
Drome kan soms wreder as die werklikheid wees. Ek het gedroom van die moontlike uitwerking wat dié kinder-/jeugregte eendag op ons as volk kan hê. Ek het van ’n hofsaak gedroom van ’n minderjarige wat sy ouers hof toe gesleep het oor kindermolestering en die oortreding van’n bepaling van die Grondwet waarkragtens lyfstraf afgeskaf is.
Ek vrees die dag wanneer ’n ouer in ’n beskuldigdebank gaan staan – aangekla deur sy eie kind. Die klag sal wees: oortreding van Artikel 8 wat onder meer bepaal dat niemand aan wrede en onmenslike behandeling onderwerp sal word nie. Lyfstraf en om ’n kind ’n dag land sonder kos op te sluit, val onder meer onder hierdie artikel. Ek sal nie uitbrei oor hoe die hofsaak in my droom verloop het nie, maar sy einde en uitspraak was gelukkig.
Ek weet ’n ouer of onderwyser kan ’n hofsaak wen wanneer hy deur sy spruit of leerling hof toe geneem word omdat hy hom wreed en onmenslik behandel het deur hom ’n pak slae te gee omdat hy stout was. Dit hang alles net van die manier of hoe dit gedoen word. ’n Regter van die hoërhof het onlangs opgemerk dat Namibiërs nou te veel en te vinnig van hul regte bewus word en dat ’n wanindruk geskep word dat seker misdade skielik toegeneem het.
Hier kom die Amerikaanse droom!
Sedert lyfstraf nie meer toegedien kan word nie, het kinders baie verander – hulle word nou te veel gehoor.
Almal het skielik van hul regte bewus geword. Wat het geword van die gesegde “dat ’n boompie gebuig moet word terwyl dit nog jonk is?” Hoe is ouers, onderwysers en howe veronderstel om dit aan die toekomstige leiers tuis te bring dat reëls en regulasies gehoorsaam en eerbiedig moet word? En dat diegene wat nie wil hoor nie, moet voel? Ek vra maar net. . .
Intussen is ek bly dat dit maar net alles tot dusver ’n droom is. Hoe gelukkig is ons nie dat geen ouer nog deur sy kind voor die hof gedaag is nie! Die dag wat dit gebeur, sal die einde van ’n goeie era beteken – ’n era waarin pa en ma se woord wet was en kinders met die plathand en lat op die reguit pad gehou is. ’n Era waarin die oorgrote meerderheid kinders opgevoed is om verantwoordelike volwassenes te wees.
Minder as ’n week is nog oor voordat die skole sluit. Sukses met die eksamens en hou lekker vakansie! Hou kop en hou koers!
– 25 November 1993

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie