Bedagsaamheid beteken soveel meer
In die ou weergawe van die HAT wat my lewensreis meemaak, word bedagsaam verklaar as: “Versigtig optree, met oorleg, nie oorhaastig nie.”
Met ander woorde jou medemenslikheid moet ingespan word.
Dit beteken dat ’n mens moet dink voordat jy doen, maar ook dat jy ander se situasie vir jouself probeer indink en dan daarvolgens optree.
As jy byvoorbeeld ’n ander persoon met swaar pakkies in sy arms voor ’n deur sien staan, ongeag hulle ouderdom of geslag, hou jy die deur vir hom/haar oop. Jy sê nie vining ekskuus en druk jouself by hom verby by die deur in nie.
Op plekke waar ’n mens verwag om medemenslikheid en gemoedelikheid te sien, ontbreek dit so dikwels waar jy in die openbaar gaan en selfs in ons eie huise. Bedagsaamheid is byna ’n vergete eienskap in ’n wêreld waar almal meestal op hulself gefokus geraak het.
As jy ’n persoon wil aanvat oor ’n meningsverskil of sy foute aan hom uitwys, of selfs wanneer jy ’n werknemer op kantoor moet berispe weens pligsversuim, doen jy dit nie in die teenwoordigheid van sy kollegas sodat almal jou kan hoor nie.
Jy mag dalk dink jy maak van die sondebok ’n voorbeeld, maar eintlik wys dit net jou eie foute uit. Selfs al verdien die persoon om ontslaan te word, het jy geen reg om sy waardigheid te probeer vermorsel nie.
Die woord bedagsaamheid beteken egter veel meer as net om hoflik en met bedagte rade op te tree. Dit verg dat jy die ander persoon se gevoelens en behoeftes in ag neem voordat jy optree. Nee, die woord is nie gereserveer vir mense wat probeer gesig koop, soos wat sommige jonger mense van mening is nie. Dit is ook nie slegs vir Christene wat dit doen omdat die Bybel so sê nie.
Neem ’n oomblik om na te dink oor jou eie waarde en hoe jy graag oor jouself wil voel. As jy dink ’n bombastiese selfbeeld gaan jou gelukkig maak, sit jy die pot mis.
Al wat jy regkry om te doen is om te bewys dat jy jou swak gedrag teenoor ander sal verwelkom wanneer dit in jou rigting gedraai word.
Deur met in ag neming van onder op te tree (bedagsaam te wees) bewys jy nie alleenlik dat jy ’n goeie opvoeding ontvang het nie, maar ook dat jy oor integriteit beskik.
Daarbenewens stel jy ’n voorbeeld aan ander mense, sodat jou bedagsaamheid ook op dieselfde wyse na jou sal terugvloei, wanneer jy dit die minste verwag.
Groet gerus jou kollegas waar jy hulle ook al teëkom en haal maar jou snoet uit die lug uit. As ’n mens jou medemens respekteer, moedig jy hom aan om jou ook te respekteer.
In die wêreld waar omgee vir ander byna taboe geword het, mag jy dalk net die verandering waarvoor jy wag self teweeg bring.
Soos wat my Engelse vriendin dikwels sê: “Let it begin with me.”
Groet as jy wil gegroet word, wees vriendelik as jy vriendelikheid verwag. Wees bedagsaam en neem ander in ag.
– [email protected]
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie