Bedwelmd
Die rook het weer behoorlik in die sosiale media gedraai na die vonnisoplegging van twee mans wat tereggestaan het op aanklagte van dwelmhandel nadat hulle met Namibië se grootste kokaïenvonds nóg in die hawe betrap is.
Almal het iets te sê gehad en verwyte is oor en weer in alle rigtings geslinger.
‘n “Tip-off” het reguit na die gesmokkelde dwelmvonds gelei, net soos dit die geval was met die Fishrot-sage. Terwyl die Fishrot-beskuldiges se onderskeidelike hofsake voortduur, voel talle die 12 jaar-vonnisse (waarvan vyf jaar opgekort is en hulle effektiewelik sewe jaar tronkstraf sal uitdien) vir die twee mans wat op Walvisbaai - “jou oasis van opportunities” - betrap is met 412 kg se kokaïen met ‘n geskatte (ja, geskatte) waarde van N$206 miljoen, is nie voldoende nie. Almal deel egter nie dié meming nie.
Van een ding is ek seker. Daardie is baie “millions” en die bestelling, of sal ons sê “shipment”, na Namibië vanuit Brasilië moes ‘n aardige bedraggie gekos het. Wie het sulke hope geld en waar kom dit vandaan? Dit wys jou net, smokkelary betaal - of jy nou daarvan hou of nie.
‘n Gemeenskapsaktivis en raadslid van Walvisbaai wat aan die spits van die organisering van ‘n optog teen dwelmhandelaars en dwelmmisbruik gestaan het, het hom onlangs sterk uitgespreek oor die onbereidwilligheid van gemeenskapslede en ook traagheid van die polisie om toe te sien dat die dwelmprobleem in alle ens aangespreek moet word. Die agbare raadslid wou ook weet waar die kerkleiers staan ten opsigte van die dwelmprobleem. Hy het uitgewys dat dwelms soos kokaïen en dagga vrylik op die hawedorp beskikbaar is en dat almal, insluitend die polisie, weet wie die smokkelaars is en waar hulle “besigheid” doen.
Tog gebeur daar net niks. Een smokkelaar sien homself glo as ‘n apteker: “Verslawing is ‘n siekte en ek voorsien voorskrifte.”
‘n Ander een glo weer vas hy is ‘n entrepreneur: “Daar is ‘n mark en ek verskaf ‘n produk en ook werk aan werklose jeugdiges.”
Oral gaan dit dieselfde. Ek kan hiervan getuig. Jare gelede beland ek in ‘n gesprek met ‘n bandiet by Sin City, Johannesburg se grootste tronk. “Antwoord net vir my een vraag. Ons is heeldag toegesluit agter vier mure. Hoe dink jy kom die dwelms hier in?” Hy beantwoord sommer sy eie vraag: “Nou se ek vir jou, die bewaarders is die enigstes wat daaglikse kontak het met die buitewêreld en hulle staan aan die spits van bedrywighede hier binne. Dit is ‘n empire!”
‘n Mens kan maar net wonder hoeveel ander vragte dwelms die land ongesiens binnekom, want die vraag daarna hou mos nie op nie.
Dit is beslis ‘n bose kringloop. Ek weet van vissermanne wat vir maande op die see sweet en hulle swaarverdiende verdienstes in hulle longe intrek en weer deur die neus uitblaas sodra hulle voet aan wal kom sit.
By die huise sit die vroue en kinders honger en verarmd terwyl die “merchants” en hulle gesinne luuks lewe. Dit is ‘n onreg wat ons nie kan duld nie. Dwelms diskrimineer nie. Dit verwoes en daarom moet dit met wortel en al uitgeroei word.
¬¬
[email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie