Begin by jouself
Weet julle, die ergste van die Covid-19-pandemie is verby, maar dis asof ons die lesse wat ons daaruit geleer het, alweer vergeet het.
Aan die anderkant verstaan ek ook, want ons is alweer in survival mode met die petrol pryse wat so verskriklik styg. Maar rêrag, kan ons alweer vergeet het hoe om mens te wees, hoe om bedagsaam en vriendelik teenoor mekaar te wees?
Kan tog nie wees nie.
Hierdie week het ek weereens besef hoe belangrik kommunikasie is.
As ons nie praat en deel met mekaar nie, hoe kan ons verwag die volgende persoon moet jou gedagtes lees?
Ek besef weer veral in ‘n kantoor set-up is kommunikasie van uiterste belang, omdat elkeen van ons dinge op ons eie manier hanteer en dinge op ons eie manier doen.
Soms in die hustle-bustle van die alledaagse lewe, is dit goed om mekaar soms net in die oë te kyk en te vra “Is jy okay?” en bietjie te gesels.
Hier het ons president verlede week al die Covid-19-regulasies opgehef en wat vir my snaaks was, is dat daar nie rêrag ‘n bohaai oor dit gemaak is nie.
Ek onthou hoe gefrustreerd mense was met die lockdown” en die dra van maskers. Noudat daar niks meer reëls eintlik van toepassing is nie (uitgesluit inentings), is dit maar 'n ‘meh’-saak.
Soos ek hier bo sê, ek verstaan, ons veg nou alweer om oorlewing. Want ons moet nou elke dollar omdraai en strek net om elke dag ‘n brood op die tafel te sit.
Maar tog, sê ek vir myself, is dit in hierdie moeilike tye wat ons na die silwer randjie moet kyk. Is dit in die donker tye wat ons na mekaar moet kyk. Mekaar moet opbeur, ophef en omgee.
'Kindness' is deesdae 'n 'rare commodity'. Ons moet gedurig herinner word dat ons die volgende persoon met 'kindness' moet hanteer, want jy weet nie waardeur daardie persoon gaan, of met watter probleme hy sit nie.
Nonsens, sê ek!
Het die pandemie ons dan niks geleer oor hoe gou dinge kan verander nie? Het die pandemie ons dan nie gewys dat menslikheid behoort aan die orde van die dag te wees nie?
Ek lees onlangs ‘n meningstuk waar die skrywer sê ons almal is op soek na ‘n bietjie opwinding, iets nuut of selfs net normaliteit.
Hoekom kan ons as mens nie daardie iets nuut wees in iemand se lewe nie? Hoekom kan ek nie ‘n seëning in jou lewe wees nie?
Dinge raak al hoe moeiliker deesdae, mense dra swaar, en ek sal altyd preek dat ons net menslik teenoor mekaar moet optree. Ons het so baie verloor in die pandemie, en baie van ons hou nog vas aan die hoop dat dinge beter sal raak. En ek glo vas dat dinge sal tog beter raak, maar ek moet mos by myself begin, of hoe?

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie