Bekommer jouself oor minder
Sjoe, ek kan amper nie glo ons is alweer in Februarie nie; 2025 beweeg teen ’n spoed, né?
Desember voel soos ’n ewigheid gelede en ons het weer gou-gou in die roetine gekom van skool toe gaan, werk toe gaan, en nog baie meer.
Ek weet nie van julle nie, maar ek het geen lysie met Nuwejaarsvoornemens gemaak nie. Dinge verander in ’n oogwink en elke dag is veronderstel om sy eie Nuwejaarslysie te hê, of hoe? Een ding wat ek definitief minder wil doen, is om te “worry”.
Nog elke liewe dag duik daar iets op om jouself oor te bekommer. My grootste bekommernis is nou: hoe op dees aarde gaan ek dit regkry om ’n mamma van drie te wees, voltyds te werk, en nog 7 000 ander dinge te hanteer?
My jongste voel nou al soos tien kinders, want as die huis net vir vyf minute stil raak, en jy gaan soek haar, dan is sy of in die kombuis besig met die meel of eiers, of in die badkamer besig met die lyfroom, of besig om met vetkryt teen die muur te skilder.
Maar blykbaar is dit deel van die “Terrible Twos”; hopelik is dit oor en verby wanneer sy volgende maand drie jaar oud word.
Dan, net twee maande later, is dit weer ek en my man se beurt om windjies uit te slaan en op koffie en min slaap te lewe, want dan het ons ’n nuwe baba in die huis.
Daar is min dinge in die wêreld wat ’n mens so opgewonde maak soos wanneer ’n nuwe mensie hul verskyning in die wêreld maak, maar dan tref die harde werklikheid jou sommer so tussen die oë.
MAAR, dan moet ek ook bysê: soos daardie bekommernisse opduik, terwyl ek luister na ousus se stories van wat by die skool gebeur het en kleinsus rondhardloop en die hondekinders terroriseer, doen ons dit tog net.
Met trane en geduld wat wil-wil opraak, skel-skel — as mamma kap jy net aan.
Die bekommernisse wil alles net lelik maak, en dan kom maak mens dit soms nog erger met ander se opinies en aanmerkings.
Maar dan herinner ek myself net weer daaraan: tyd vlieg vreeslik vinnig!
Vandag is hulle sewe en twee jaar oud, môre is hulle tieners, en dan, sommer kort daarna, sit ek en manlief met ’n “empty nest”.
Die Bybel sê ook vir ons in Matteus 6:34 dat ons ons nie oor môre hoef te bekommer nie, want môre bring sy eie bekommernisse: “Elke dag bring genoeg moeilikheid van sy eie.”
Nou, as die Liewe Heer wat die hele heelal geskep het vir my sê ek hoef my nie te bekommer nie, hoekom doen ek dit dan tog?
Dis so maklik om vooruit te wil hardloop, jou dag, jou week en jou maand haarfyn te beplan, maar dan ook bekommerd te wees of dinge gaan uitwerk soos dit moet.
Maar dis nog iets wat ek nie op my lysie gaan plaas nie; my plan is om minder bekommerd te wees en elke dag te vat soos dit kom.
(PS: Ek hoop net teen môre onthou ek hoe oulik ek was in die Sê Maar Net. #BabyBrains)
– [email protected]
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Network Media Hub (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie