Belaglike besoek van ’n baie belangrike persoon
Sowat drie weke gelede het die VSA se presidentsvrou Jill Biden besoek aan Namibië afgelê. Tydens haar besoek het sy saam met Namibië se eerste dame Monica Geingos die HISA-sentrum in die Kilimanjaro informele nedersetting besoek.
Volgens ’n werker van die sentrum was dit ’n belewenis.
Twee weke tevore is die mense van die sentrum, wat reeds vir twee dekades reusewerk verrig om minder gegoede kinders te voed en in die skool te hou, ingelig dat ’n baie belangrike persoon vir hulle sal kom kuier om te sien wat hulle alles doen. Wie die persoon is, is ’n geheim gehou.
Volgens die werker het mense omtrent elke tweede dag vir die twee weke opgedaag om die perseel te verken en die geboue deur te loop.
Ook het die Namibiese polisie en die Amerikaners op twee afsonderlike geleenthede met honde opgedaag wat elke hoekie deurgesnuffel het. Gedurende die Amerikaanse honde se besoek is almal uit die gebou gejaag.
“Jy weet, net soos jy hulle in ’n fliek sien – die groot manne met die donkerbrille en pakke, wat so hard praat. Ek het altyd gedink dis net aangesit vir die fliek, maar dit is nie. Dis hoe hulle regtig is. Hulle het op my, die baas van die gebou in my kantoor op my gegil ‘Get out! Get out!’ Ek moes toe aan die ander kant van die straat gaan staan.”
Die oggend voor die aankoms was hulle weer daar en het hulle aangedring dat elke kas oopgesluit word. Die sleutels van een van die kaste was egter by die boekhouer en daar is aangedring dat die kas moet oop.
“Ek het tuin toe gegaan en ’n tuingraaf en vurk gaan haal en die kas self oopgebreek. Nou moet ek ’n slot koop sodat hulle vir ’n klomp lêers kon kyk.”
Aan die sentrum se bestuur is ook gesê hulle moet die plek en geboue baie deeglik skoonmaak.
“Verbeel jou, ons plek is altyd skoon en nou kom jy hier aan en beledig ons. Dis my huis en nou wil jy vir my kom sê ek moet in my eie huis onder die beddens skoonmaak, so asof my huis vuil is. In daardie stadium het ons nog nie eens vermoed wie ons kom besoek nie.”
Een dag voor die besoek, toe hulle ingelig is, het die hele spul manne en vroue met donker brille weer opgedaag en vier mense van die topbestuur is bymekaar geroep.
“Toe brul die een, Jill Biden kom julle besoek, maar dis ’n geheim en niemand mag dit weet nie. Die ou het so hard geraas dat die hele Kilimanjaro-buurt hom gehoor het. Hy self het die geheim verklap.”
Teen 10:00 op die dag van die besoek moes al die kinders, werkers en onderwysers die perseel verlaat en net vier mense wie se name op die lys was, mag gebly het.
“Ek weet regtig nie wat sy kamma wou kyk nie. Hier was nie ’n enkele kind nie! Ons hele sentrum was soos ’n spookgebou en as die plan was om ons aktiwiteite eerstehands te beleef, het die besoek beslis gefaal.”
Biden het ook lekkers gebring en omdat al die kinders van HISA huis toe gestuur is, het die kavalkade ’n entjie van die sentrum langs die straat stilgehou om die lekkers uit te deel.
“Jy weet hoe is ons kinders en volwassenes – toe die vrou die eerste lekkertjie weggee, het almal nader gehardloop en haar bestorm. Dit was chaos, want die mense hier het ook nie TV nie en ken die manne met die pakke en donkerbrille nie, so niemand het geskrik vir hulle ‘Get back! Get back!’ nie.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie