Theresa van Zyl
Theresa van Zyl

Binne die voue van jou hart

Kan jy gló . . . Die Hand van Tyd het so pas die deur na November oopgemaak! Die jaar spoed voort en ons is nou in die laaste pylvak van 2024. So onwerklik soos dit mag voel, hierdie iewers-heen-wegglip van tyd, is ’n realiteit. ’n Realiteit wat nooit gaan verander nie.

Soos Livingstone gesê het – dit voel behoorlik asof jou siel jou liggaam moet inhaal. . .

Wanneer ’n dag verby is en ons kom weer eens nie uit by daardie dinge wat ewigheidswaarde het nie, dan is daar so bitter min wegbêre-oomblikke, onthou-juwele of verwonderingsoomblikke. Hoekom? Want jy en ek het dit eenvoudig gemis of nie tyd daarvoor gehad nie.

So kom ons stop net hier. Nou.

Besef jy dat elke dag aan ons gegee word as ’n geskenk, soos ’n beursie van 24 ure? Jy kan nie ure oordra of wegvat nie. En so vloei die lewe voort – in een 24 uur-siklus op ’n slag. Elke uur word gespandeer, jy kan dit nooit terugkry nie. Dis opgebruik. Vir altyd.

En die lewe self? Jou lewe, my lewe, jou geliefdes se lewens, is vasgevang in tyd hier op aarde. Jy kry 24 eenmalige “note” in jou dag se beursie. Dis joune. Om te LEEF, nie net te bestaan, om te jaag of vol te prop, selfs om te wens nie. En uiteindlik gaan daar ’n dag kom wanneer daardie tydsbeursie nie gegee word nie. Of die note is nie meer 24 nie, want dis jou laaste dag. . . jou laaste kans om voluit te lewe voor dit onherroeplik verby is.

My lewe, jou lewe hier op aarde is vasgevang binne die “runaway train” van tyd. Tyd wat verby is, kom nooit weer terug nie. Nooit nie. En moenie tyd van jou hede mors op die verlede nie. Leef elke oomblik in jou nóú!

Tegnologie is wonderlik, maar moenie die oomblik wanneer die LEWE met jou gebeur, terugtree uit die bekoring van die oomblik om ’n foto te neem of ’n kykgreep af te neem nie. Daardie iets of iemand is dan onveranderlik vasgevang binne ’n foto of video, maar JY het die oomblik gemis! Want jy het nie deelgeneem en ingedrink, beleef, gevoel en “vibrantly alive” gevoel nie.

Jy het gekies om terug te tree, die rol van ’n toeskouer in te neem en nou behoort daardie kosbare oomblik vir altyd tot die verlede. Dis verby. En fone kan gesteel word, wegraak met elke foto wat jy vir altyd wou hou. .

Maak ’n punt om ’n afspraak met jouself te maak of met daardie onbeskryflik kosbare persoon in jou lewe en kom dit na in gees, siel en liggaam. Beleef dit voluit met al jou sintuie en wees voluit teenwoordig in elke oomblik.

Al is die sonsondergang – of wat, wie ook al – hóé mooi, moenie ’n foto neem nie. Bewonder en geniet dit net. Dis al. Wees, voel en leef! Bêre dit in die voue van jou hart, waar niks en niemand dit ooit van jou kan wegneem nie.

– Gasskrywer

[email protected]



* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!