No Image Caption

Blinde geloof

Wiesie Kotzé – Een van die moeiliker kruisings in Windhoek om te navigeer is om by die T-aansluiting tussen Bergstraat in Klein Windhoek by Sam Nujoma-rylaan regs te draai.

Het julle ’n idee waar ek nou is? Regs van jou is ’n dubbelbaan met verkeer wat op jou afpyl. Verskeie tye van die dag kom die motors vinniger of stadiger teen die bult daar naby Windhoek Hoërskool afgery.

Halfpad teen daardie bult uit, oorkant die straat is motors wat addisioneel tot die bestaande verkeer indraai in die verkeerstroom wat van regs kom. Aan jou linkerkant is die inglip-baan vir die verkeer wat van Eadiestraat se kant af kom, asook een baan van verkeer wat vloei.

Om die dubbelbaan na regs oor te steek op Sam Nujoma-rylaan kyk ek altyd – soos my ma my geleer het – regs, dan links en dan weer regs. Indien daar geen verkeer aankom nie, kan ’n mens ry. Ek kyk weer regs, dan links en dan regs. Geen opening in die verkeer nie. Ek wag. Kyk weer, regs, links, regs.

Genoeg spasie aan my regterkant en niemand wat links uit die inglip-baan voor my wil indraai nie. Ek skraap my moed bymekaar en span my blinde geloof in en draai dan so vinnig as wat ek dit durf voor die aankomende verkeer regs in Sam Nujoma-rylaan in. Sien, ek moet blinde geloof inspan omdat die verkeer soms so vinnig vloei, ek moet glo dat niemand intussen aan my linkerkant besluit het hulle moet voor my indraai nie.

Gelukkig het ek ook al geleer dat ’n mens hierso vir die derde baan mik, en wanneer die gaping groot genoeg is eenvoudig voet in die hoek te sit tot ’n mens die draai gemaak het. Plus ons mense is darem geseën met ’n wye siglyn – dus sou ek hopelik moeilikheid uit die hoek van my oog kon sien aankom.

Met die stresvolle kruising agter die rug, ry ek en wonder hoekom mense so maklik blinde geloof in die verkeer kan toepas, maar so graag wil stry en redeneer teen geloof opsigself. As ons dan so maklik kan glo in die sintuie wat God aan ons gegee het, hoekom kan ons nie – soos Hy van ons vra – in Hom glo soos ’n kind nie?

Wie van julle het al ’n “trust fall” gedoen? Daardie spanbou-aksie waar ’n mens nie vir die mense kyk wat agter jou staan nie, maar dan moet glo dat hulle jou gaan vang wanneer jy jouself agteroor laat val in hulle arms in.

Ek is die eerste persoon wat sal bieg dat so iets my pleinweg te bang maak, ek moet sien waarheen ek val – ek kan myself nie kry om te laat gaan as ek nie weet waar ek gaan land nie. Daardie vereis weer blinde vertroue. In jou medemense. Darem kan ’n mens hulle sien, beleef en leer vertrou, maar hoe gemaak dan met God?

In my lewe moes ek al blinde vertroue plaas in ’n God wat ’n mens nie kan sien nie. En hoe meer ’n mens dit doen, hoe meer leer ’n mens om Hom te vertrou. Ook maar soos met mense.

Ek moes al ’n tree of twee in blinde geloof neem en hierdie jaar was dit maar meestal vorentoe, al wou ek eintlik op ’n hopie bly sit en nêrens gaan nie.

’n Tree in blinde geloof dat dit is waarheen Hy wil hê ek moet beweeg, al is ek eintlik te bang om te beweeg. En soos ek lees van die leierskapsfigure wat al langer as ek paaie met God stap, maak Hy dan vir jou deure oop of toe soos jy vorentoe beweeg. So begin sien ’n mens in blinde geloof wat die pad is wat vir jou beplan is.

Ek wil jou graag uitdaag om jou blinde geloof te heroorweeg, die volgende keer wanneer jy ’n stresvolle verkeersoorgang suksesvol oorgesteek het. Wat het jy om daardeur te verloor? Absoluut niks nie.

– Gasskrywer

[email protected]

* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2024-09-12

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 38° Rundu: 21° | 37° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 20° | 37° Ruacana: 18° | 37° Tsumeb: 23° | 35° Otjiwarongo: 18° | 34° Omaruru: 16° | 35° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 17° | 34° Henties Bay: 11° | 16° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:56, High tide: 04:06, Low Tide: 22:25, High tide: 16:22 Swakopmund: 12° | 15° Wind speed: 31km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:54, High tide: 04:04, Low Tide: 22:23, High tide: 16:20 Walvis Bay: 11° | 20° Wind speed: 35km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:54, High tide: 04:03, Low Tide: 22:23, High tide: 16:19 Rehoboth: 15° | 33° Mariental: 15° | 33° Keetmanshoop: 12° | 30° Aranos: 15° | 34° Lüderitz: 10° | 20° Ariamsvlei: 12° | 28° Oranjemund: 9° | 18° Luanda: 21° | 22° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 35° Mbabane: 18° | 34° Maseru: 12° | 30° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 20° | 31° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 11° | 18° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 20° | 34° Harare: 17° | 31° Currency: GBP to NAD 23.31 | EUR to NAD 19.72 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 17.89 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.29 | EGP to NAD 0.36 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.17 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.28 | USD to AOA 925.9 | USD to BWP 13.36 | USD to EGP 48.38 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1626.95 | USD to ZAR 17.9 | USD to ZMW 26.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1761.3 Down -1.02% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13926.19 Down -0.17% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30485.63 Up +1.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9625.73 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 524.90/OZ UP +0.51% | Copper US$ 4.18/lb UP +1.14% | Zinc US$ 2 859.80/T UP 2.66% | Brent Crude Oil US$ 71.66/BBP UP +0.76% | Platinum US$ 961.15/OZ UP +0.76% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 20° | 38° Rundu: 21° | 37° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 20° | 37° Ruacana: 18° | 37° Tsumeb: 23° | 35° Otjiwarongo: 18° | 34° Omaruru: 16° | 35° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 17° | 34° Henties Bay: 11° | 16° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:56, High tide: 04:06, Low Tide: 22:25, High tide: 16:22 Swakopmund: 12° | 15° Wind speed: 31km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:54, High tide: 04:04, Low Tide: 22:23, High tide: 16:20 Walvis Bay: 11° | 20° Wind speed: 35km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:54, High tide: 04:03, Low Tide: 22:23, High tide: 16:19 Rehoboth: 15° | 33° Mariental: 15° | 33° Keetmanshoop: 12° | 30° Aranos: 15° | 34° Lüderitz: 10° | 20° Ariamsvlei: 12° | 28° Oranjemund: 9° | 18° Luanda: 21° | 22° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 35° Mbabane: 18° | 34° Maseru: 12° | 30° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 20° | 31° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 11° | 18° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 20° | 34° Harare: 17° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.31 | EUR to NAD 19.72 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 17.89 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.29 | EGP to NAD 0.36 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.17 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.28 | USD to AOA 925.9 | USD to BWP 13.36 | USD to EGP 48.38 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1626.95 | USD to ZAR 17.9 | USD to ZMW 26.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1761.3 Down -1.02% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13926.19 Down -0.17% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30485.63 Up +1.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9625.73 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 524.90/OZ UP +0.51% | Copper US$ 4.18/lb UP +1.14% | Zinc US$ 2 859.80/T UP 2.66% | Brent Crude Oil US$ 71.66/BBP UP +0.76% | Platinum US$ 961.15/OZ UP +0.76%