Bly bedag waar die neus ingesteek word
Dit verg soms nogal ’n aanpassing, maar elke bietjie daaglikse beoefening is uiteindelik wel die moeite werd wanneer jy ’n nuwe of beter gewoonte probeer aanleer sodat dit tweede natuur word.
Verwelkom die wonderlike, uitspattige, flambojante vreemdheid van die mensdom.
Of as jy jou nie so ver kan kry om dit te “omhels” nie, probeer minstens ’n mate van begrip aankweek vir diegene wat van jou verskil.
Sommige van ons is konserwatief of progressief grootgemaak en sommige se omstandighede van grootword is wêrelde verwyder van wat andere hulle kan indink – sommiges veel beter, of veel slegter, vreemder, of bloot anders.
Dis ’n onvermydelike waarheid (soos oudword, of belasting betaal) dat mense jou sal teleurstel en verkeerd opvryf. Sodra jy enigiemand werklik leer ken, sal hul swak punte vir jou opmerklik raak. Almal het ’n blinde kol iewers en is maar rofweg ewe ver van volmaak as wat ek of jy is.
Besin maar self daaroor of jy ’n spesiale gawe het dat hul gebreke vanuit die hemel aan jou geopenbaar word, en of dit maar bloot ’n normaliteit is.
Ek voel om dit te herhaal: Elkeen, selfs die bestes onder ons, het swak punte. Foute is nie noodwendig ’n doodsonde nie. Dit is ’n normale alledaagse feit van die lewe.
Vele mense in 2022 se daaglikse bestaan is nie maklik nie en nie almal se geestelike gesondheid is werklik soos dit met die eerste oogopslag lyk nie.
Werk maar saggies met jou kollegas en medemens . . . en ook met jouself en jou naastes. Nie alle wonde is sigbaar nie – en niemand weet hoe lank of hoe kort ons mekaar hier vir ondermaanse bedrywighede te sien kry nie.
Prakties gesproke is dit een rede hoekom spesiale opmerksaamheid aan die dag gelê moet word wanneer jy agter die stuur van ’n voertuig klim en ons hoofstad se strate tussen die ander feilbare voertuigbestuurders moet trotseer.
Jy sal hoor hoe mense jou raad gee, dat jy behoort te werk aan jou swak punte. ’n Gedagte in teenstelling hiermee, van sommige loopbaanghoeroes en mentors, is dat jy met die meeste van jou aandag behoort te fokus om jou sterk punte verder te verbeter.
Dit is inderdaad die fyner ontwikkeling van jou sterk punte (selfs die swakker puntjies binne jou breër sterk punt) wat ook vir jou loopbaan as die beste raad beskou word. In dieselfde asem is menseverhoudings en jou persoonlike ingesteldheid tot die lewe twee immergroen onderwerpe waar enige belegging van tyd en aandag nooit tevergeefs is of vermors word nie.
Maar nou ja, laat ek ook harder probeer om die versoeking te weerstaan om hier te prekerig te raak.
Die lewe is net soveel makliker wanneer ’n mens leer om jou neus net in jou eie sake te steek en te leer wanneer om jou mond te hou. Bly liewer net kalm en vloek saggies.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie