Boewe se jonkbly-kuur
Ek sê maar net (30 jaar gelede)
Issaskar Kapuka – Sommige kollegas vind hofverslaggewing vervelig en tydrowend.
Dit kan soms die geval wees, maar tog is die naamlyste en ander inligting op kennisgewingborde van die land se howe soms baie interessant en ’n bron van inligting. Baie van ons steur ons eintlik nie veel daaraan wanneer ons ’n draai by ’n hof gaan maak nie.
Ek het gesien dat baie mense op die kennisgewingborde net gaan kyk waarna hulle soek. Lees volgende keer net bietjie verder.
Tydens een van my daaglikse rondes by die howe en omdat gister ’n taamlike stil dag was, het ek ’n draai by die jeugafdeling van die Windhoekse landdroshof gemaak. Dit is in elk geval nie vir my meer vreemd hoeveel kere ek dieselfde naam op die bord sien nie. Ek ken name van mense sonder dat ek hul gesigte gesien het.
Gister sien ek byvoorbeeld ’n bekende naam, maar ek mag dit nie bekend maak nie. Dié krimineel word weens sy minderjarigheid deur die wet beskerm. Maar ek wonder hoe lank sekere mense minderjarig kan bly. ’n Polisiebeampte wat probeer het om ’n antwoord hierop te gee, het net sy skouers vir my opgehaal en gesê dat sekere mense nie oor geboortesertifikate beskik nie. My voet!
Dit wys my net hoe baie ons regters en landdroste ’n rat voor die oë gedraai word deur jeugdiges wat hulle snags soos volwassenes gedra.
Howe, onthou ek, het reeds by verkeie geleenthede uitgevaar teen polisie-offisiere wat nie hul werk behoorlik doen nie en sekere vertragingstaktieke gebruik om sake uitgestel te kry.
Dit kom voor of minderjarigheid ’n goue paspoort is om tronkstraf vry te spring en dat die algemene publiek oningelig moet bly oor die gruweldade wat dié minderjarige gepleeg het. Hulle mag ook nie weet wie hy is nie.
Gister sit ek voor een van die ingange van die landdroshof toe ’n bekende gesig in die “jeughof” instap.
Ek ken dié man goed sedert ons stormagtige ontmoeting meer as sewe jaar gelede en gereeld een keer per maand sedertdien. Nuuskierigheid het die oorhand geneem en ek wou gaan hoor wat hy daar soek. Ek kry toe sy naam op die kennisgewingbord. Die klag teen hom is vir menigte van ons gewoonlik ’n alledaagse verskynsel en ’n klein oortreding totdat onsself slagoffers word. Maar my probleem was die beskuldigde se ouderdom, want hy is steeds minderjarig. Hy is beslis een van die vele beskuldigdes wat die kuns verfyn het om ondersoekbeamptes met hul ouderdom te flous. Hulle is soms deel van ’n bende wat die skuld op hom neem omdat hy onder die ouderdom is waarkragtens hy opgesluit of op borgtog vrygelaat behoort te word.
Die geskiedenis het al geleer dat die gruwelikste misdade onder die vaandel van jeugdigheid gepleeg is. Hier dink ek onder andere aan die twee Britse seuns wat ’n kleuter uit ’n winkelkompleks gelok en vermoor het en ’n meisie wat onlangs deur “vriende” doodgemartel is. Die regter het met hul vonnisoplegging gesê dat dit ondenkbaar is dat kinders sulke dade kon pleeg.
Regter Theo Frank van die Windhoekse hoërhof en vele ander het al gewaarsku dat jeugdiges wat hulle soos volwassenes gedra en snags rondloop om misdrywe te pleeg, hul strawwe soos volwassenes moet aanvaar en nie op jeugdigheid aanspraak moet maak nie. Hoera!
– 6 September 1994

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie