No Image Caption

Boodskap in aanloop tot Kersdag

Geskenke
Geskenke word gekoop of gemaak om aan mekaar te gee op Kersdag of Oukersaand, afhangende van voorkeur.

Dis heerlik om vir iemand wat jy liefhet ’n geskenk te kan gee waaroor jy weet hy of sy sal bly wees. Daardeur wil jy dankie-sê vir sommer alles wat hy/sy vir jou beteken en weer eens dit as ’n blyk van jou liefde gee. Die geskenk is ’n teken van jou liefde, dat jy aan die persoon dink wat vir jou spesiaal en belangrik is, op watter manier ook al.

Die sterrekykers het elkeen ook aan baba-Jesus ’n geskenk gegee – goud, wierook en mirre. Dit was die heel eerste Kersdag en die heel eerste gee van geskenke met Kersdag. Ons gee nou nog geskenke en so ook weer hierdie jaar. En hierdie geskenke wat ons aan mekaar gee met Kersfees, is simbolies van aard en die doel daarvan is om ons aan ’n groot wonderlikheid te herinner: Jesus Christus was en is steeds die kosbaarste geskenk wat nog ooit in die heelal gegee is. Jesus is die Geskenk van God, die Vader aan die wêreld, aan jou en aan my.

Kom ons onthou dit met elke geskenk wat ons hierdie Kersfees gaan uitdeel. Dit gaan oor Jesus, dit gaan altyd nét oor Jesus in die eerste plek.

Matteus 17:8: “Toe hulle opkyk, het hulle niemand gesien nie, net Jesus alleen.”

Wanneer ons verby die Kersboom, verby die geskenke en blink versierings kyk, dan is daar Jesus. Dit is oor Hom wat Kersfees gaan, dis te danke aan Hom dat daar elke jaar Kersfees gevier word. Hy het as God se geskenk aan ons na hierdie wêreld gekom, jy en ek het Hom as geskenk in ons hart en ons lewens aanvaar, die oomblik toe ons onsself aan Hom oorgegee het. En as jy dit nog nie gedoen het nie, daar is nog tyd. . . ontvang Jesus ook as jóú geskenk vir Kersfees en vir alle ewigheid!



My gebed:

Here Jesus, dankie dat U ook mý geskenk is hierdie Kersfees. Dankie dat U gekom het, die gestalte van ’n hulpelose babatjie aangeneem het en in ’n krip neergelê is ter wille van ons. Dankie, Here God, vir die grootse geskenk van Jesus. Dankie dat U U kosbare Seun aan ons gestuur het en dankie, Here, dat Hy steeds hier by ons is in die Gees. Maak ons geestelike o? en ore oop sodat ons Hom werklik in hierdie Kerstyd sal erváár.



Sleutelverse vir verdere lees wanneer jy stil raak: Matteus 2:11; Matteus 17:8.

– Theresa van Zyl



* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Network Media Hub (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2024-12-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 19° | 27° Oshakati: 21° | 27° Ruacana: 20° | 25° Tsumeb: 19° | 27° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 21° | 33° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 18° | 28° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 16° | 21° Rehoboth: 21° | 32° Mariental: 22° | 36° Keetmanshoop: 20° | 36° Aranos: 20° | 35° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 14° | 23° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 20° | 24° Lubumbashi: 17° | 31° Mbabane: 16° | 19° Maseru: 15° | 31° Antananarivo: 15° | 34° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 26° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 17° | 25° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 17° | 21° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 21° | 34° Harare: 19° | 31° #REF! #REF!