No Image Caption

Boodskap in aanloop tot Kersdag

Geheimsinnigheid
Ons bevind ons in daardie tyd van die jaar waar die aftelling tot Kersdag begin het! Geheimsinnigheid onder en teenoor mekaar in die huis is nogal algemeen. Daar word in die geheim geskenkies iewers heen gesmokkel waar dit in privaatheid in Kerspapier opgemaak kan word. En dan word die pakkies, mooi toegedraai onder die Kersboom neergesit wanneer die tyd reg is. Gereeld sal daar aan die geskenkpakkies gevat en geskud word – veral deur kinders en dié wat jonk van gees is. Hoekom? Want dit is juis die geheimenis van wat bínne die pakkie is, wat so ’n bekoring inhou.

Net so ook is daar kosbare geheimenisse wat God goedgedink het om ons as sy kinders mee te vertrou. Hy het die groot goddelike Geheimenis, nl. Jesus Christus en die redding wat Hy bring aan ons bekend gemaak. En, ons met die skat van die Heilige Gees toevertrou. Ons as mense hier op aarde is soos kleipotte wat maklik breek, maar binne ons dra ons ’n kosbare unieke en onvervangbare skat – die kennis van Jesus Christus met al Sy almag en liefde, asook die persoon van die Heilige Gees! (2 Korinti?rs 4:7).

Laat my toe om ’n kosbare aanhaling met jou te deel: “The Spirit Who dwells within me is no mere influence, but a living Person – the infinite God is within my heart!” (skrywer onbekend)

Ek en jy as kinders van God, sal ons lewens ’n onvergeetlike ervaring van ’n ho? kwaliteit maak, as ons net elke dag opnuut besef watter onbeskryflike skat ons binne ons harte dra. Ons het ’n kragbron binne onsself wat groot en genoeg is om elke eis van elke situasie of omstandigheid wat ooit oor ons pad mag kom, te hanteer en te oorwin. Leer om te leef vanuit jou kragbron – Jesus en die Heilige Gees!

Ons dra ook binne ons die gawes en talente wat God aan ons gegee het as ’n onverdiende geskenk – ongeag hoe ons uiterlike “verpakking” lyk. Ons kan hiermee allerhande lieflikhede tot stand bring wat – anders as hier op aarde – tydloos kan wees om aan en aan te hou om aan andere se?n te bring en te bly vertel van God se grootse genade, goedheid en sorg.

Besef jy werklik wat gebeur het die dag, die oomblik toe jy jouself aan God oorgegee het? Hy, God, het in jou hart ingekom en dit Sy tempel gemaak. In Salomo se tyd was God teenwoordig in ’n tempel gebou van klip – vandag woon God deur Sy Gees in elke gelowige. Waar ons ook al gaan, of wat ons ook al doen of dink of voel, ons dra die Heilige Gees van God binne ons saam in daardie situasie in. Ek en jy dra nie net die Bybel nie, ook nie net leringe oor God nie, maar God se Gees!

Die geheim tot ’n kragtige en oorwinnende lewe lê daarin dat ons elke oomblik bewus daarvan sal wees dat God se Gees binne ons is en dat ons daarom tot alles in staat is deur Hom wat ons krag gee!



My gebed: Here God, baie dankie dat U Gees binne my woon en altyd sal en daarom is ek nooit alleen nie.



Sleutelverse vir verdere lees wanneer jy stil raak: Romeine 11:29; 2 Korinti?rs 4:7; Romeine 16:25-27; 1 Korinti?rs 15:51, Efesi?rs 1:9-10, 3:3-6,6:19; Kolossense 1:27, 2:2-3) – Theresa van Zyl



* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Network Media Hub (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2024-12-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 21° | 34° Rundu: 19° | 32° Eenhana: 18° | 31° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 21° | 30° Tsumeb: 20° | 30° Otjiwarongo: 17° | 26° Omaruru: 19° | 29° Windhoek: 18° | 29° Gobabis: 21° | 31° Henties Bay: 15° | 22° Swakopmund: 16° | 18° Walvis Bay: 15° | 24° Rehoboth: 19° | 32° Mariental: 22° | 35° Keetmanshoop: 19° | 35° Aranos: 24° | 35° Lüderitz: 14° | 28° Ariamsvlei: 21° | 36° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 20° | 31° Lubumbashi: 17° | 30° Mbabane: 18° | 26° Maseru: 16° | 30° Antananarivo: 17° | 25° Lilongwe: 20° | 33° Maputo: 22° | 32° Windhoek: 18° | 29° Cape Town: 19° | 25° Durban: 22° | 28° Johannesburg: 19° | 27° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 18° | 31° Harare: 19° | 25° #REF! #REF!