Foto Pexels
Foto Pexels

Boodskap in aanloop tot Kersdag

Die toedraai van geskenke
Soos Kersdag al nader kom, word die toedraai van geskenke een van die dinge boaan ons lys.

Daar word die mooiste Kerspapier uitgesoek, met linte en strikkies en blinkertjies om ons geskenke in toe te draai. Selfs die eenvoudigste geskenkie word iets besonders so opgetooi in die papier. Al word ’n geverfde klippie mooi toegedraai en versier met lintjies wat in alle rigtings krul en blink, dan verander dit in ’n skouspelagtige geskenkie.

Net die teenoorgestelde was waar met Jesus se geboorte met die heel eerste Kersfees op aarde. Hy was die grootste, duurste en kosbaarste Geskenk wat reg uit die hemel op die aarde vir ons neergesit is deur liefdevolle Vaderhande. Maar Hý was toegedraai in doeke in ’n krip vir ? bedjie. Hy was toegedraai in nederigheid. God gee aan die wêreld ’n koningsgeskenk, toegedraai in die uiterstes van nederigheid.

Hierdie Kersdaad van God is in die eerste plek nie vir die “wêreld” of vir “mense” gedoen nie, maar vir jou en vir my.

God maak Hom vir jou en vir my herkenbaar, Hy duik as’t ware die sonde van die wêreld met al sy seer en vernedering binne om ons te red. Kersfees is dus in wese die menswording van God. Daarom, kom ons gaan hierdie Kerstyd binne, ons wese en siele toegedraai in nederigheid, want dit is wat God van ons vra – om Jesus se voorbeeld van nederigheid na te volg. Hy was nederig van Sy geboorte tot Sy dood – vir ons. Nederigheid is die neweproduk van ‘n Christelike lewenstyl, dit is die uitvloeisel van ’n opregte poging om God in alles lief te hê. Nederigheid kom daarop neer dat dit ’n kwaliteit is wat jy hele lewe kleur, alles aanraak wat jy doen en wat jy sê. En nederigheid gebeur vanself wanneer jy probeer om God in alles lief te hê en daarna streef om die evangelie van die onpeilbare rykdom van Jesus Christus met jou hele wese en lewe te kommunikeer. En, die beste van alles, God self skenk ons die vermo? om dit te doen.



? Teksaanhaling:

. . . maak dan nou my blydskap volkome deur eensgesind te wees: een in liefde, een van hart, een in strewe. Moet niks uit selfsug of eersug doen nie, maar in nederigheid moet die een die ander ho?r ag as homself. Dieselfde gesindheid moet in julle wees wat daar ook in Christus Jesus was. (Filippense 2:2,3,5)



My gebed vir vandag:

Here Jesus, dankie dat daar geskenke kan wees om in mooi papier toe te draai – Heer, al is dit net ? opgetelde, gladgespoelde klippie om in liefde aan iemand te gee. Heer, draai my asseblief toe in U nederigheid. Maak my minder, sodat U elke dag al meer kan word. Sleutelverse vir verdere lees wanneer jy stil raak: Filippense 2:3,5,6,7 en Efesi?rs 3:8.



– Theresa van Zyl

Kommentaar

Republikein 2025-01-30

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 18° | 33° Rundu: 19° | 34° Eenhana: 22° | 35° Oshakati: 24° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 22° | 34° Otjiwarongo: 19° | 33° Omaruru: 21° | 35° Windhoek: 20° | 31° Gobabis: 21° | 35° Henties Bay: 17° | 21° Swakopmund: 17° | 19° Walvis Bay: 17° | 23° Rehoboth: 21° | 31° Mariental: 23° | 35° Keetmanshoop: 18° | 34° Aranos: 24° | 35° Lüderitz: 14° | 27° Ariamsvlei: 18° | 33° Oranjemund: 14° | 24° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 22° | 38° Lubumbashi: 16° | 24° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 18° | 33° Antananarivo: 17° | 28° Lilongwe: 17° | 24° Maputo: 23° | 36° Windhoek: 20° | 31° Cape Town: 18° | 24° Durban: 20° | 29° Johannesburg: 22° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 17° | 23° Harare: 15° | 26° #N/A #N/A