Borgstaan vir die toekoms. . .
René Hugo – Ek het jare gelede ’n konferensie bygewoon waartydens ’n Joodse pediater die volgende vertel het:
“I asked my Mum and Granny – how will I know how to be a good mother? They both responded: ‘Don't worry. When you take your new baby in your arms you will be fulfilled with the basic parental emotion – and then you will know. . .’
“This was true. When I held my first baby in my arms, I was filled with the basic parental emotion: RESPONSIBILITY.”
Hierdie woorde is steeds waar. Verantwoordelikheid is sekerlik dié grootste kenmerk van ouer-wees. Maar ongelukkig gaan verantwoordelikheid so dikwels gepaard met ’n tweede ouerlike emosie: skuldgevoel.
Ons is verantwoordelike ouers, en daarom voel ons skuldig as:
– Ma nie haar baba kan borsvoed nie,
– Ons nie vroegtydig gesien het dat die kleintjie siek is nie,
– Pa nie die groot lekker klimboom uit die tuin verwyder het nie,
– Ons by ’n werksfunksie was toe ’n spesiale toekenning met die skool se leierskapgeleentheid gemaak is, en
– Ons nie die wetenskaponderwyseres wat ons kind in die klas verneder het ’n klap gaan gee het nie. . .
Koos du Plessis skryf só hieroor na die geboorte van sy dogtertjie:
“Die man wat hier oor jou waak
is kreupel en bang
en word ook maar vaak.”
Ek ken hierdie “ouerlike” emosies baie goed omdat ek ook ’n ouer is.
Ons was egter in die gelukkige posisie om ’n dierbare predikant te hê wat ouer-wees verstaan het (hy was die Pa van ses kinders!).
Tydens ’n gesprek met ouers van tienerkinders het hy die volgende gesê: “Julle het julle kinders nou tot hier gebring. Laat los hom/haar nou. Hiervandaan is hy vir homself verantwoordelik – en in die Here se hand. Vertrou Hom daarmee.”
En so het ons verantwoordelikheidsgevoel sluimerend, hoewel nie volkome weg nie, geword. ’n Ouer bly maar altyd ’n ouer!
Maar daar is darem ook ’n groot voordeel verbonde aan ouer-wees: in ’n stadium word ouers met kleinkinders geseën. En wanneer hulle die eerste kleinkind in hulle arms neem, word die jarelange verantwoordelikheidslas van ouma en oupa weggeneem. En word hulle gevul met ’n wonderlike groot-ouerlike gevoel van DANKBAARHEID.
So gebeur dit dat, wanneer kleinkind oor Ouma se mat struikel, val, en hartlik huil, vergeet Ouma van haar skuldgevoel omdat sy nie die mat platgedruk het nie! Sy is so dankbaar dat sy kleintjie op haar skoot kan neem, trane kan afsoen en hom rustig sus tot hy slaap. En selfs saam ook haar eie middagslapie te kan geniet.
En wanneer Pa weier om sy seuns met sy gereedskap te laat werk, het Oupa geen verantwoordelikheid nie. Maar hy is dankbaar dat hy ’n plan kan maak. Hy gaan koop planke, beskermingsbrille en veiligheidsvoorskote. Dan leer hy sy kleinseuns hoe om veilig te werk met hout, hamers, spykers en bore. En hy ignoreer ook die verantwoordelikheid om hulle te leer hoe om die gemors agterna op te ruim!
Die probleem met die lekker Ouma-Oupa gevoel is natuurlik dat almal ouer word. En eendag kom hulle agter dat hulle jare nou in die “genadetyd” is.
Hulle is so dankbaar vir die wonderlike ervarings met hulle kleinkinders, dat hulle dit bitter graag wil voortsit. Daarom wil hulle saam met Koning Hiskia by die Here pleit vir tog nog net ’n paar lewensjare. . .
– om die kleinkinders se skool-toe-gaan te mag sien,
– om hulle matriekafskeid te beleef,
– om hulle studentejare saam met hulle te ervaar.
– om miskien hulle geluk met ’n huweliksmaat en (selfs?) ’n nuwe baba te kan deel. . .
Ouers en/of grootouers – ons staan almal borg vir die toekoms.
– Gasskrywer
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie