Brief - Geen water op Langstrand
Gefrustreerde vakansieganger - Die leser se sms vroeër die week in Republikein oor sy of haar ondervinding op Langstrand tydens die afgelope vakansieseisoen met vloekende, dronk jongmense, vakansiegangers se eindelose doef-doef musiek en gillende dronkpraatjies tot in die vroeë oggendure, verwys.
Glo my dit kom nie naby daaraan om vir dae en ure aaneen geen water en waterdruk op Langstrand te hê gedurende die vakansieseisoen nie, of hoegenaamd nie te weet wanneer en of jy ooit weer water gaan hê nie. Kan julle glo dat werknemers van Walvisbaai munisipaliteit by navraag gesê het dat die munisipaliteit geen verpligting hoegenaamd het om water aan inwoners te verskaf nie, en ook dat die munisipaliteit se reservoir nie genoeg water in gehad het nie omdat hulle nie gedink het daar in Desember vakansiegangers Langstrand toe sou kom nie. Kan jy nou meer?
En hoe meer mens iets probeer uitvind het oor hierdie haglike situasie hoe meer het die munisipaliteit en Namwater mekaar oor en weer die skuld gegee vir wat aangaan. Praat van onbeholpenheid en onbevoegdheid! Word wakker mede-Namibiërs! Namibiê is onteenseglik en onkeerbaar op pad na totale verval!
Dit word ook geillustreer in die berig oor NWR se totale verval. Moet alles eers breek of toeriste so sleg behandel word dat hulle nie weer wil terugkom nie, voor iets gedoen word? Dit laat my dink aan die hond wat die kar gejaag het en toe niks gedoen het toe hy die kar vang nie. Vandat die regering aan bewind is het hulle (en hulle lakeie in die streeksrade en plaaslike owerhede) maar nog weinig gedoen om ‘n goed geêrfde infrastruktuur in stand te hou, wat nog te sê te verbeter of te vervang waar nodig.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie