Briewe uit die binneland – Die skuifelende kerke (Deel 2)
Ek vertel verder oor die Nederlandse skrywer Jan Terlouw se boek, Koning van Katoren. Een van die opdragte wat die jong seun Stach moes uitvoer om koning te word, was om die bewegende kerke in ’n sekere stad tot stilstand te bring.
Met sy aankoms neem die burgemeester Stach op ’n staptog, en hy sien hoe die logge GK (Gestruktureerde Kerk) ’n huis van ’n gemeentelid van die BMRK (Breë Mode Rame Kerk) inmekaar laat stort, ten spyte van die kerkbestuurders se poging om die kerke op die regte, spesiale kerkpaaie te hou. Dit was ’n voltydse werk, want gedurig moet daar vensters oopgemaak, en stoele verskuif word om die logge gebou na die swaartepunt se kant toe te laat beweeg. Die kerke het ’n wil van hul eie, en laat hulle nie sommer bestuur nie. Elkeen wil immers so gereeld moontlik naby die belangrikste groot plein van die middestad verby skuifel. Altyd vorentoe. Van toegee is daar nie sprake nie.
Stach kry ’n plan: die kerke moet só bestuur word dat hulle in ’n sirkel rondom die plein te staan kom. In die middel moet die massiewe NHK (Nuut-Herboude-Kerk) geposisioneer word. Die ander kerke moet dan al skuifelend rondom hom in posisie kom staan sodat hulle dan voetjie vir voetjie na mekaar toe kan aanbeweeg en teenaan mekaar tot stilstand kom as een groot gebou.
Die Woensdagmiddag word die kerkbestuurders byeen geroep en die burgemeester stel Stach aan die woord. Hy sluit sy verduideliking af: “We maken van alle kerken gewoon één. . .”
Chaos breek uit en vuiste swaai rond in die saal. Uiteindelik is die klomp weer stil en die burgemeester herinner hulle aan die mees onlangse ongeluk toe die NGK (Nuut-Gepleisterde Kerk) die motor van die Weduwee Van Vliet platgeskuur het ten spyte van alle moontlike voorsorgmaatreëls. Die rumoer bedaar, en Stach lê die p.v.a. voor.
Donderdag word die burgemeester se kantoor ingerig. Teen die mure hang kaarte van die aangepaste roetes wat die kerke moet volg vir die groot dag. Hy en Stach werk dag en nag.
Terlouw skryf verder: Die volgende Dinsdag “werd een dag om nooit te vergeten.”
Om 2 nm is die NHK in posisie in die middel van die plein. Direk rondom hom staan drie kleiner kerke en bewe op hul fondasies. In die laaste sirkel rondom die plein staan die ander sewe kerke onrustig op hulle merke.
In die burgemeester se kantoor word alle telefone nou van die mik gehaal. Die drie kleiner kerke skuifel nader en vlei hulle intiem aan teen die inhamme van die groot NHK. Die lawaai op die plein is oorverdowend. Die mense wat al van vroeg die oggend af op ’n veilige afstand in ’n wye kring op die plein saamdrom, retireer weg van die sirkel skuiwende kolosse. Klokke beier gelyktydig toe die laaste sirkel van sewe groter kerke om vyf voor drie die middag nader skuifel. Hier en daar word ’n rand wat uitsteek afgeslaan, en mense hou asem op toe die konstruksies al kreunend teen mekaar aandu. Nog een keer stort ’n dakpunt wat uitsteek met ’n hengse gedonder na die grond.
Die kerke gaan staan stil. Die mense wag op ’n geweldige ramp.
Dit gebeur nie. ’n Oorverdowende stilte volg. Vyf minute óór drie begin elf kerkorrels in harmonie te speel en een vir een begin die duisende mense te sing terwyl hulle versigtig nader stap na die kollos van ’n katedraal in die middel van die plein. Met ’n traan wat oor sy wang loop, staar die burgemeester na Stach, en Stach dink aan een van die geliefde ou koning se gesegdes: “Soms moet je de boel grondig vast laten lopen voor je iets nieuws kunt beginnen”. – [email protected]
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Network Media Hub (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie