Briewe uit die binneland – Die mens se mikroskyfie
Liewe Genoot
Ek is seker jy het al gewonder oor hoe alles in ons menslike bestaan bymekaar kom.
Daarmee bedoel ek nie elke dag loop noodwendig foutloos en honkiedôrie nie. Alles behalwe.
Daardie dubbele heliks-agtige, gedraaide trapleer-struktuur wat DNA genoem word, laat my mond oophang. Hoe meer ek lees oor hierdie bouplan met instruksies oor die ontwikkeling en oorlewing van die mens wat ons van ons ouers af geërf het, hoe huiweriger word ek om daaroor te skryf. Maar nou doen ek dit tog.
Eerstens ervaar ek dit as ’n ontsettend ingewikkelde konsep waarvan ek as bloot geïnteresseerde Homo sapiens bloedweinig weet. En soos wat ek die inligting daaroor probeer verwerk, skemer die handtekening, die bemoeienis van die Groot Energie met ons deur. Met groot presisie word biologiese boodskappe aan ons sisteme deurgegee.
Navorsers sê dat mens jou die sykante van ’n leer moet voorstel as die stringe suiker- en fosfaatgroepe wat in teenoorgestelde rigtings loop. Die sporte van die leer bestaan dan blykbaar uit twee stikstofbasisse wat aan mekaar gekoppel word deur waterstof. Die letters A, G, T en C is die beginletters van die chemiese boustene, nl. “adenine, guanine, thymine en cytosine” waaruit die DNA-molekule opgebou is.
In my waarneming van mense se gesigte het ek dikwels gedink dat daar kategorieë bestaan waarin gesigsuitdrukkings sou kon inpas. Kom ons noem dit ’n “troptrek”, die trek op die gesig wat wys dat jy tot ’n seker trop behoort. Daarmee bedoel ek nie familietrekke nie, maar algemeen menslike trekke. Dit verklaar dan vir my dat 99,9% van die DNA van alle mense wel dieselfde is. Maar tog weet ek dat elke mens uniek is.
MAAR: volgens wetenskaplikes is dit slegs 0,1% van ons DNA wat maak dat ons van mekaar verskil. Hoe is dit moontlik?
Liewe Genoot, verskil ek en jy net maar ten opsigte van een duisendste van ons materiaal van mekaar? Is dit hierdie klein ietsie wat elke mens uniek maak? En hierdie minuskule klein deeltjie van ons DNA is ook verantwoordelik vir fisiese kenmerke soos die kleur van ons oë, die vorm van ons skedel en ons velkleur. Daarvan ben ik ondersteboven!
Soos ek die geleerdes verstaan, kopieer die DNA-molekule homself tydens selverdeling. As ’n sel op die punt staan om te verdeel, split die DNA-heliks middeldeur. Die twee lang kante van die leer skei van mekaar en dien dan as template vir die bou van twee nuwe dubbele stringe DNA, elkeen ’n replika van die oorspronklike een. In die proses word ’n A- gekoppel aan ’n T-bousteen, en ’n C- aan ’n G-bousteen, totdat al die boustene weer almal maats het. So verstaan ek dit immers.
Maar ek soek na iets anders. Genetici analiseer tog DNA-monsters om die identiteit van die biologiese pa van ’n kind te bevestig of om te bepaal of ’n tweeling identies is of nie.
Genoot, nog een vragie: Is mens se siel ingewerk in ons DNA?
Dit bring my by iets anders wat interessant is, nl. die feit dat 5% tot 8% van ons DNA deur virusse geproduseer word en gedurig menige klein mutasies ondergaan. En hoewel “mutasie” as ’n genetiese fout geïnterpreteer kon word, beskou navorsers van die ICR (Institute for Creation Research) dit as voordelige veranderinge wat in ons DNA-sisteem ingebou word.
Michael Stamp, redakteur van die IRC sien hierdie gunstige mutasies as ’n reaksie wat vooraf beplan en geprogrammeer is.
Dan maak Kolossense 1:17 vir hierdie Namibiër sin: Voor alles was Hy al daar, en deur Hom bly alles in stand.
Hier in ons land groei die gras nou hoeka bo-oor klippe en dooie stompe ná al die baie reën.
– [email protected]
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Network Media Hub (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie