Bybelse wysheid - Annes Nel
DR. ANNES NEL
Oorwinning en troos
Matteus 27:50-53: Jesus het weer hard uitgeroep en die laaste asem uitgeblaas. Op daardie oomblik het die voorhangsel van die tempel van bo tot onder middeldeur geskeur. Die aarde het geskud, en die rotse het uitmekaar gebars. Grafte het oopgegaan, en baie gelowiges wat dood was, is opgewek...
Die evangelie van Matteus beeld Jesus se aardse bediening uit as die aankondiging van die koms van God se koninkryk. Jesus wek dooies op, genees siekes en voed honger mense. Die koms van ’n nuwe hemel en aarde, waar boosheid, lyding, dood en hartseer nie meer sal wees nie, word so ingelui (Matteus 4:17, Openbaring 21:1-5).
Die gebeure rondom Jesus se dood en opstanding in Matt 27 doen dit weer. Iets van die nuwe hemel en aarde word waar. Mense word uit die dood opgewek is die allerheiligste plek word intussen vir alle gelowiges oopgemaak. Die skrywer van Hebreërs sê dat ons deur Jesus se bloed nou vrye toegang het tot die allerheiligste plek het. Dit is omdat Jesus se liggaam, die voorhangsel, geskeur is (Hebreërs 10:19-20).
Inderdaad, dood en hartseer duur voort, maar in die tussentyd het ons onbeperkte toegang tot God se genadetroon. Ons weet dat die oorwinning reeds behaal is. Ons is bevry van sonde. In die aangesig van die dood en die graf kan ons jubel.
Dankie, Here, dat U ons toelaat om U met vertroue te nader, in die Naam van Jesus. Amen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie