Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
Die bediening en versoeningswerk van Christus wys dat God nee gesê het vir lyding. Matteus sê dat Jesus se bediening uit twee basiese elemente bestaan het, naamlik prediking en wonderwerke, wat die genesing van mense ingesluit het. Jesus het siekte en pyn genees, demone uitgedryf en honger mense gevoed. Sy bediening het mense se lewenskwaliteit verbeter. Sy versoeningswerk toon ook dat God gekant is teen die dood en pyn.
Wat Jesus gedoen het, wys hoe holisties God se verlossingsdaad is. Dit is nie net 'n "geestelike" bevryding nie, maar sluit die alledaagse realiteite soos kanker, virusse, hartsiektes en dood in.
God sê dus nee vir lyding en dood. Kom ons sluit by God aan in die stryd teen lyding en dood in die wêreld deur mediese navorsing te ondersteun, vir dokters en verpleegsters te bid, deur die lewenskwaliteit van kinders, arm mense en diegene wat na die rand van die lewe verdryf is, te verbeter. Dit is wat dit beteken om Jesus te volg.
Vader, gee my 'n passie om die lewensgehalte van diegene wat dit vandag nodig het, te verbeter, in Jesus se Naam. Amen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie