Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL:
Is alles wat in hierdie wêreld gebeur, God se wil? Soveel gruweldade in die geskiedenis was die gevolg van despotiese leiers, rassistiese houdings, etniese suiwering en gewone menslike wreedheid.
Een van die ergste wanopvattings wat bestaan, is dat alles wat gebeur God se wil is. Een van die verse in die Bybel wat dikwels aangehaal word om dit te ondersteun, is Matteus 10:29, naamlik dat geen mossie op die grond sal val sonder die Vader se wil nie.
Ongelukkig is hierdie vers verkeerd vertaal. Die Griekse teks bevat nie die woord "wil" nie. Dit sê dat geen mossie op die grond sal val sonder die Vader nie. Lukas skryf iets anders: Word vyf mossies nie vir twee sent verkoop nie? Tog word nie een van hulle deur God vergeet nie (Luk. 12:6). Kortom: God is daar wanneer die mossie val.
Dit maak 'n groot verskil aan die manier waarop ons oor lyding dink. As God nie mossies in hulle lyding en dood vergeet nie, sal Hy ons beslis onthou!
Waar is God as ek ly? Die Bybel sê: Hy is by jou en sal jou nie in die steek sal laat nie.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie