Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL:
Spr. 3:27-28: Moenie 'n weldaad weerhou van iemand aan wie dit toekom, terwyl dit in jou mag is om dit te bewys nie. Moenie vir iemand sê: “Gaan eers terug en kom môre weer, dan help ek jou,” as jy nou reeds kan help nie.
Ek dink nie ons hoef te ver te kyk om die pyn en lyding rondom ons te sien nie. Soms het iemand wat vir ons werk nie genoeg om sy of haar gesin te voed nie. Soms sien ons mense op straat wat hoop verloor het.
Daar is slagoffers van konflik en oorlog, mishandeling by die huis, kinders wat deur boelies of ouers gebreek is. Daar is mense wat elke dag uitroep dat iemand moet help, maar daar is niemand nie. Selfs die skepping smag na goeie behandeling. Dit ly onder oorbenutting en besoedeling.
Ons word dikwels oorweldig deur die baie behoeftes van die wêreld. Ons weet nie waar om te begin nie. Op die ou end doen ons niks nie. Watter verskil kan ons tog maak?
Emily Dickinson het in die negentiende eeu gesê dat ons nie te groot moet dink nie. Ons moet doen wat ons kan in ons onmiddellike omgewing. As ek kan keer keer dat een hart breek, was my lewe nie verniet nie. As ek die pyn van een lewe kan verlig, een persoon kan verhoed om te ly, of een moeë voëltjie in sy nes kan terugsit, sal my lewe nie tevergeefs wees nie.
Wat kan jy vandag doen om iemand se lewe beter te maak?
Heilige Gees, maak my oë en hart oop vir iemand wat my vandag nodig het.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie