Bybelse wysheid (002)
Bybelse wysheid (002)

Bybelse wysheid

Dani Booysen
DR. ANNES NEL:

Eks. 20:17: "Jy mag nie ... begeer nie."

Jan Koopmans skryf oor die Tien Gebooie dat nege gebooie ons geleer het dat ons nie sonde moet doen nie. Die Tiende Gebod leer ons dat ons nie sonde moet wil nie.

Sonde is in ons natuur.

In Lukas 12 sê Jesus dat ons in die skuld by God is. Die skuld wat ons het, is dat Hy ons lewe vir ons geleen het en dat Hy op 'n stadium weer hierdie lening sal opeis. "... en wie kry dan alles wat jy bymekaargemaak het? (Luk. 12:20)

Ons ontdek onsself in die ryk man wat tot verantwoording geroep word. Ons moet antwoord op die vraag: wat word van alles wat waarvoor jy so dag en nag gewerk het, waarvoor jy soveel ure voor jou rekenaar deurgebring het? Wat word van alles wat jy beplan het? Wat word van alles waarop jy jou hoop gevestig het? Jou polisse en strandhuise, jou karre en jou meubels?

Die ryk man kon nie ’n antwoord gee nie. Eintlik was hy arm, brandarm, want hy het God nie in berekening gebring toe hy al sy planne gemaak het nie.

Vader, ek besef dat my lewe ’n lening is. Laat ek nie my hoop op my besittings plaas nie.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!