Bybelse wysheid (002)
Bybelse wysheid (002)

Bybelse wysheid

Dani Booysen
DR. ANNES NEL:

Lukas 12:18: "... dit sal ek doen: Ek sal my skure afbreek en groter bou. Daarin sal ek al my graan en my ander goed opgaar."

Gelowiges vergeet so maklik dat ons reisigers is wat nie verwyl nie; dat ons wel ontmoet, maar ons nie verbind nie; dat ons wel tente het, maar nie huise van bakstene nie. Ons word setlaars in plaas van pelgrims.

Dan word ons baas van ons eie goed. Dit sien ons duidelik in Luk. 12:17-19.

Die ryk dwaas word die besluitnemer, besturende direkteur van sy eie goed, en hoef geen verantwoording aan die direksie te doen nie. Dis my geld, my goed, my geleenthede, ja, dit is as't ware my God.

Soos ’n spinnekop in die middel van ’n web is die ryk man en sy besittings die middelpunt van sy wêreld (Brunner). Geen erkenning word gegee aan die God wat hom ryk gemaak en sy koring laat groei het nie.

Is jy baas of bestuur jy God se gawes aan jou?

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!