Bybelse wysheid (002)
Bybelse wysheid (002)

Bybelse wysheid

Dani Booysen
DR. ANNES NEL:

Ef. 1:13: "In Christus het die Heilige Gees wat deur God belowe is, julle as die eiendom van God beseël."

Alistair McGrath het iewers geskryf hoe meer hy oor die Drie-eenheid dink, hoe meer dink hy oor sy vrou: totaal onverstaanbaar! Ons kan dit natuurlik ook toepas op die misterie van mans. Ek vind dit dikwels moeilik om myself te verstaan.

God as Vader, Seun en Heilige Gees is ’n misterie, maar ook ’n openbaring. Noordmans skryf treffende woorde oor die Drie-eenheid. Hy sê dat God gepraat het (as Vader), gekom het (as Jesus Christus) en ons vertroos het (as die Heilige Gees). Toe dit nie genoeg was dat Hy gepraat het nie, het Hy gekom. Toe dit nie genoeg was nie, het Hy ons getroos.

’n Koning of keiser het 'n seëlring gehad. Wanneer hy ’n brief of dokument gestuur het, het hy met sy seëlring bevestig dat die brief of dokument regtig van hom af kom. Net so is die Heilige Gees God se seël op ons, wat aandui dat ons waarlik God se eiendom is. Niks kan hierdie merk van ons af uitvee nie.

Ons is egte kinders van God.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!