Bybelse wysheid (002)
Bybelse wysheid (002)

Bybelse wysheid

DR. ANNES NEL
1 Kor 12:27: "Julle is die liggaam van Christus, en afsonderlik is elkeen 'n lid daarvan."

Tandpyn of hoofpyn is verskriklik. Wanneer ons tandpyn of hoofpyn het, word die hele liggaam aangetas.

Paulus het dit verstaan toe hy oor die kerk gepraat het. Ons is soos ’n liggaam. Wanneer daar ’n probleem met een deel van die liggaam is, word die hele liggaam aangetas.

Dit is so verskriklik om te sien hoeveel wedywering daar dikwels tussen Christene is. Dit moet pynlik wees vir Christus, die hoof van die liggaam. Hy wou eenheid hê. Hy het daarvoor gebid (Joh. 17:20-23).

Baie dikwels is daar verskil oor God se gawes. Paulus skryf dat die Here sekere take aan verskillende mense gegee het. Hierdie mense is soos liggaamsdele wat inmekaar pas (12:27,28). Nie almal kan dieselfde wees nie.

Laat ons mekaar nie oordeel nie. Laat ons God se keuse respekteer en ons verheug oor die verskeidenheid gawes in een liggaam.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!