Bybelse wysheid (002)
Bybelse wysheid (002)

Bybelse wysheid

DR. ANNES NEL
Rom 6:12: "Moet dan nie toelaat dat die sonde nog langer oor julle heerskappy voer en julle die begeertes van julle sterflike aardse bestaan laat gehoorsaam nie."

Werkplekke kan soos hel wees as gevolg van ’n bestuurder wat die lewe baie moeilik maak. Soms het ons nie energie om werk toe te gaan nie of ontwikkel ernstige depressie as gevolg van hierdie druk. Ons werk is 'n plig, nie ’n plesier nie.

Niemand wil in so ’n atmosfeer werk nie.

Dan koop ’n ander persoon die maatskappy. Jy kry ’n nuwe bestuurder wat jou en die ander personeel soos mense laat voel. Dit is vir jou lekker om werk toe te gaan. Jou werkplek word ’n vreugde en gee jou energie.

Sal jy na jou vorige bestuurder en die ou bedeling verlang? Sal jy elke dag na werk na sy huis toe ry en ’n bietjie saam met hom kuier?

Ons is bevry van die slawedrywer van sonde, maar ons kuier steeds graag in ons ou lewe.

Paulus roep ons om op te hou om die ou bestuurder van ons lewe te besoek (6:14). Ons is onder nuwe bestuur.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!