Bybelse wysheid (002)
Bybelse wysheid (002)

Bybelse wysheid

DR. ANNES NEL
Deut. 5:11: "Jy mag die Naam van die Here jou God nie misbruik nie ..."

Ek ken ’n man wat vloek soos ’n matroos. Hy gee nie om wie by is nie. Die misbruik van die Here se naam is deel daarvan. Dit is walglik.

God se mense kan ook die Here se Naam misbruik.

Hoe gebeur dit? Wanneer kerkmense soos ek en jy nie soos Christene in die samelewing optree nie. Dit gebeur wanneer mense in die teenwoordigheid van die gemeente beloftes aan God maak en dit nie nakom nie. Dit gebeur wanneer ons as Christene nie eerlik is nie.

Elke gebod dui ’n lewenswyse aan wat die Naam van die Here sal eer. Elke keer wanneer mense wat deur Christus bevry is in stryd met hierdie gebooie leef of optree, word die Naam van die Here misbruik.

Paulus skryf: "En wat julle ook al sê of doen, sê en doen dit alles in die Naam van die Here Jesus."

Here, help my om vandag te onthou dat ek u Naam verteenwoordig.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!