Bybelse wysheid (002)
Bybelse wysheid (002)

Bybelse wysheid

DR. ANNES NEL
Hebreërs 3:8: "Vandag, as julle sy stem hoor, moet julle nie hardkoppig wees nie..."

Die klein jakkalsies vernietig die wingerd (Hooglied 2:15). Dit het ’n idiomatiese uitdrukking geword om te sê dat die dinge wat ons nie as ’n groot gevaar beskou nie, die potensiaal het om baie skade aan te rig.

Die brief aan die Hebreërs waarsku dat ons selfvoldaan of selfs onverskillig kan raak oor ons lewenswyse. Ons onthou met liefde wat God in die verlede gedoen het en dit dra ons dikwels in moeilike tye, maar jy kan nie die geloofsmarathon op gister se geloof hardloop nie. Daarvoor het jy oefening nodig.

Wanneer ons die belangrikheid van ’n daaglikse verbintenis vergeet, om te hoor wat God sê, sluip klein afleidings ons geloofslewe binne. Uiteindelik het jy dalk nie meer tyd of lus om die pad saam met die Here te stap nie.

Die Here vra nie of jy Hom lankal aangeneem het nie. Die vraag is: "Vandag as jy My stem hoor ... wat maak jy daarmee? (3:7,13,15; 4:7)

'n Hongaarse spreekwoord lui soos volg: ’n Slegte gewoonte is eers ’n reisiger, dan ’n gas, dan die eienaar van die huis.

Vader, laat my vandag u stem hoor, deur die krag van u Gees.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!