Bybelse wysheid
Mat 9:37,38: "Die oes is groot, maar die arbeiders min. Bid dan die Here aan wie die oes behoort, om arbeiders uit te stuur vir sy oes."
Wat is jou passie in die lewe? Wat motiveer jou om soggens op te staan?
Toe Jesus na die mense rondom Hom gekyk het, het Hy mense gesien wat soos skape was sonder ’n herder. Hulle het iemand nodig gehad om vir hulle te sorg. Hulle was soos ’n oes wat gereed was om ingebring te word.
Die bekende John Wesley het geskryf: "Ek beskou die hele wêreld as my gemeente. Solank ons die geleentheid het, moet ons aan almal goed doen."
As jy na die mense rondom jou kyk, wat sien jy? Net nog iemand, of iemand wat God se genade nodig het. Baie mense het jou nodig.
Bid dat die Here mense na die uithoeke van die aarde sal stuur. Maar onthou, as jy bid, is jy dalk die antwoord op die gebed.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie