Bybelse wysheid (002)
Bybelse wysheid (002)

Bybelse wysheid

DR. ANNES NEL
Prediker 9:9: "Geniet die lewe met die vrou wat jy liefhet ..."

Wanneer ’n bruid haar pragtige wit rok op haar troudag dra, wonder ek soms hoe lank die skoonheid en geluk na die troue gaan hou. Sal die bruid en bruidegom aanhou om die lewe saam te geniet?

Statistieke sê baie huwelike eindig in twis en pyn.

Die verse voor bogenoemde een sê: "Eet dus jou brood met vreugde, drink jou wyn met 'n bly gemoed... Dra altyd wit klere, versorg jou hare met olie." Dit was simbole van feestelikheid in Israel.

’n Behoorlike partytjie nou en dan is goed, maar is die skrywer onrealisties as hy sê ons moet altyd wit klere dra? Kan die lewe altyd ’n fees wees? Kan ons huwelik altyd so ’n feestelike simbool wees?

Ons moet erken die lewe en alles daarin is ’n gawe van God. Dit sluit die persoon in wat God aan jou gegee het. Ons verhouding sal ’n fees bly as ons ons huweliksmaat altyd as ’n geskenk van God behandel.

Die huwelik is immers ’n simbool van die ewige huwelik tussen God en sy volk.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!