Bybelse wysheid
Rom 15:20: "Ek het my eer daarin gestel om die evangelie te verkondig waar die mense nog nie van Christus gehoor het nie ..."
Christenskap het so ’n algemene konsep geword. Dit sê amper niks nie.
Mense beweer dat hulle Christene is, maar die boodskap van Christus nie het geen effek op hulle nie. Sommige gemeentes het groot beleggings en pragtige kerkgeboue. Soms is dit die gevolg daarvan dat hulle baie goed na hulleself omgesien het. Dis die "ryk" gemeentes. Vir sommige leraars en lidmate van hierdie gemeentes is dit ’n groot eer om in so ’n gemeente te dien.
Is dit wat Christenskap beteken? Nee.
Paulus het ’n intense begeerte dat mense wat Christus nie ken nie, Hom moet leer ken. Dis ondenkbaar vir ons wat in gemaklike "Christelike" samelewings leef dat daar mense in die wêreld is wat nog nooit van Jesus gehoor het nie. Elke dorpie het een of meer kerke met een of meer leraars. Sondag na Sondag gaan mense kerk toe. Dag na dag hoor ons die evangelie op die radio of die internet. Ons het ’n Bybel in ons eie taal.
Tog is daar steeds tienduisende onbereikte mense in die wêreld. Hulle het die goeie nuus van God se genade in Jesus nodig. Ons het die vermoë om hulle te bereik.
Behoort dit nie ons grootste eer te wees om te help dat die evangelie verkondig word waar mense nog nie van Christus gehoor het nie? Dit is hoekom ons Christene is.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie