Bybelse wysheid (002)
Bybelse wysheid (002)

Bybelse wysheid

DR. ANNES NEL
1 Pet. 2:17: "Vrees God. Eer die keiser."

Diegene wat aan bewind is, wil hê mense moet hulle erken en selfs vir hulle bid - ongeag die manier waarop hulle die belange van alle burgers hanteer.

Moet ons die maghebbers eer, al verskil ons radikaal met hul optrede?

Petrus se lesers het nie onder ’n Christelike regering geleef nie. Hulle was ’n klein minderheid in die samelewing. Diskriminasie teen hulle was deel van hul lewens.

Tog roep Petrus, die Jood, hulle nie op tot opstand teen die Romeinse owerhede nie. Hy beklemtoon eerder dat dit God se wil is om elke menslike owerheid te gehoorsaam.

Dis moeilik, veral wanneer die owerhede soms dom dinge doen, korrup is en nie die mense wat verkeerd doen behoorlik straf nie. Tog moet ons aanhou om dit te doen, want ons is in die eerste plek nie burgers van ons land nie. Ons is bywoners en vreemdelinge – sonder regte (2:11). Ons is burgers van die hemel.

Daarom tree ons op as burgers van God se koninkryk. Dit sal mense laat besef dat die Here lewe (2:12).

Here, seën vandag almal in gesagsposisies.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!