Bybelse wysheid (002)
Bybelse wysheid (002)

Bybelse wysheid

DR. ANNES NEL
Job 42:5,6: "Tot nou toe het ek net gehoor wat mense van U sê, maar nou het ek U self gesien, en nou verag ek myself, nou sit ek vol berou, in sak en as."

’n Vriend van Irak het vir my gesê hy is so moeg om godsdiens te bespreek. Elkeen het sy of haar eie filosofie.

Job se vriende het ook hul teologie oor God. Niks wat Job uit die tien gesprekke met sy vier vriende gehoor het, kon hom bevredig nie. Hy was oortuig dat sy lot onverdiend was en het God die skuld gegee.

God het Job toe in die storm gekonfronteer. Hy het hom gevra of hy verstaan hoe die skepping werk. Job het besef dat hy net ’n mens is en dat die Here God is.

Al die praatjies oor God het nie verander in ’n persoonlike ervaring met God nie. Die gevolg: Hy het berou gehad.

Ons gedagtes, teologie en oortuigings is beperk. Jy kan jouself vasgevang vind in die vrae wat uit jou lyding ontstaan. Nie al jou vrae sal beantwoord word nie.

Cheryl B Rhodes het opgemerk dat ons die woestyn kan ingaan en met die vrae van die eeue kan worstel. Ons moet egter nie te lank daar bly nie. God het werk vir ons om te doen.

Kommentaar

Republikein 2025-04-14

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer