Bybelse wysheid (002)
Bybelse wysheid (002)

Bybelse wysheid

DR. ANNES NEL
Lukas 2:32: "... ’n lig tot verligting van die nasies en tot eer van u volk Israel."

Was jy al ooit in 'n situasie dat jy heeltemal verras is?

Alles was rustig. Daar was ’n roetine. Toe gebeur daar skielik iets baie spesiaals.

God het Homself tydens die besnydenis van baba Jesus geopenbaar.

Simeon, 'n ou man met 'n onvervulde belofte in sy hart, het die dag ook tempel toe gegaan. Toe hy die baba Jesus in sy arms neem, het hy besef dat vandag se besnydenisdiens nie sommer so ’n diens was nie. Die Seun van Josef en Maria was meer as hulle seun. Hy was die vervulling van die langverwagte belofte.

Vir Simeon was dit die einde van sy lewensreis. Hy was tevrede en gereed om te sterf.

Ja, Jesus was God se Sendeling na ’n verlore wêreld. In Jesus het God sy hart vir die wêreld oopgemaak.

Jesus, God se lig vir die wêreld, is ook vir jou gestuur. Jy moet hierdie goeie boodskap vir alle mense in duisternis uitdra.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!