Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
1 Tim 2:1-2: “Ek dring daarop aan dat daar in die eerste plek met smeking, voorbidding en danksegging gebid moet word vir alle mense, vir dié wat regeer en vir almal wat gesag uitoefen, sodat ons ’n rustige en stil lewe kan lei in volkome toewyding aan God en in alle eerbaarheid.”
Voorbidding vir regerings en leiers kan ’n groot uitdaging wees. Hoe tree jy in vir regerings wat oorloë begin of gruweldade pleeg, mense onderdruk en mense in die tronk sit wanneer hulle nie saamstem nie?
Wat ’n uitdaging! Paulus het dikwels swaar strawwe van owerhede ervaar. Tog het hy nooit sy lesers beveel om op te staan en teen hierdie owerhede te veg nie. Hy het die gelowiges uitgedaag om ’n ander ‘wapen” te gebruik. Bid en tree vir hulle in!
Paulus gee ’n baie goeie rede waarom ons dit moet doen: sodat ons ’n rustige en stil lewe kan lei en aan God toegewy kan bly.
Paulus gaan verder. Hy sê dat hierdie gebed ook kan bydra tot die redding van alle mense. Onthou dat Paulus vir nie-Joodse nasies aangestel is as prediker, leraar en apostel (2:7). Voorbidding vir owerhede moet die verkondiging van die evangelie ook aan hulle dien.
Ons moet bid vir die owerhede in lande waar die evangelie moeilik is om te verkondig. Bid dat die Here ’n atmosfeer van verdraagsaamheid daar sal skep. Bid dat die Here die deure sal oopmaak vir die verkondiging van die evangelie. So dra ons by tot die verspreiding van die evangelieboodskap.
Here, gee laat u koninkryk kom, selfs waar u en u waardes deur owerhede verwerp word, in Jesus se naam. Amen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie