Bybelse wysheid
Filippense 3 vers 12: “Ek sê nie dat ek dit alles al het of die doel al bereik het nie, maar ek span my in om dit alles myne te maak omdat Christus Jesus my reeds Syne gemaak het.”
Abraham Maslow skryf dat ons skuldig kan voel oor die verlede, angstig kan wees oor die toekoms, maar net in die hede kan leef. Die vermoë om in die hede te lewe is die belangrikste komponent van geestesgesondheid.
Ons is dikwels vasgeketting aan die verlede. Dit kan die “goeie ou dae” insluit, maar ook ons vorige mislukkings. Paulus dink oor beide hierdie kwessies. Hy het ’n goeie reputasie gehad en was passievol oor sy tradisie.
Hy sê egter dat God hom “in hegtenis geneem” het. Dit het op die pad na Damaskus gebeur terwyl hy nog mense vervolg het wat in Jesus geglo het. Al die dinge wat hy in die naam van sy godsdiens gedoen het – om hulle te arresteer en hulle moorde goed te keur – moes ’n reuselas gewees het. God het hom vergewe. Hy is nou op ’n nuwe pad. Hy leef in die hede en weet dat hy die doel sal bereik wat God vir hom gestel het. Hy laat die verlede agter hom.
Wat maak jou siek? Jou verlede en mislukkings? Daar is vreeslik baie mense wat siek word omdat hulle aanhou dink aan die dinge wat in hul lewens verkeerd geloop het. Hulle is angstig oor die toekoms, want omdat hulle dink dat die Here hulle sal straf. Die verlede is verby! Jou toekoms is by God! Hardloop die wedloop in die hede.
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie