No Image Caption

Bybelse wysheid

Sanet Pearson
DR. ANNES NEL

Psalm 145 vers 1: “Ek wil u lof verkondig, my God en Koning, ek wil u Naam altyd loof.”

Selfone was veronderstel om kommunikasie makliker te maak. Ons kan ons familie of vriende enige tyd bel en mense kan ons bereik wanneer hulle met ons moet praat. Nou het dit ’n las vir baie mense geword. Hulle wil nie bereik word nie! Hulle sal kyk wie bel en dan besluit of dit belangrik genoeg is om te antwoord.

God is heeltemal anders. Die Koning besluit nie of iemand belangrik genoeg is om geantwoord te word nie. Inteendeel. Ons sukkel nie om ’n afspraak met Hom te kry nie. Hy staan nie op ’n afstand nie. Die hele Psalm besing die lof van die Koning van hemel en aarde wat deur die eeue naby sy volk was en steeds is.

In Jesus het hierdie Koning onder ons kom woon. Hy het sy koninklike bestaan verlaat en by gewone gewondes kom woon (Fil 2). Ons kan Hom nooit elke dag genoeg loof nie (145:2). Sy koningskap sal vir altyd duur (145:13). Almal moet weet dat hierdie Koning omgee en luister na die onbelangrikste mense in die samelewing. Alle mense behoort te weet: God luister. Deur Jesus staan ons in die troonkamer van ons Vader met al ons behoeftes (Heb 10:19-25).

* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!