No Image Caption

Bybelse wysheid

Sanet Pearson
DR. ANNES NEL

1 Petrus 2 vers 18: “Bediendes, onderwerp julle met die nodige ontsag aan julle werkgewers, of hulle nou goedhartig en vriendelik is, of onredelik.”

Die hel is ’n plek op aarde. Iemand het vir my gesê hy sal hemel toe gaan omdat hy reeds hel in sy werkplek ervaar.

Petrus se lesers het moeilike omstandighede by die werk ervaar. Behalwe dat hulle in die samelewing gemarginaliseer is omdat hulle Christene was, is hulle soms onregverdig deur hulle base behandel. Onthou dat slawe in daardie dae aan hul eienaars behoort het. Sommige van hierdie eienaars het hulle goed behandel, maar ander was hardhandig. Tog doen Petrus ’n beroep op hulle om die nodige respek aan hul werkgewers te betoon. Dit kos meer as deursettingsvermoë om kalm te bly in ’n onregverdige werksituasie. Soms hoor ons beledigings. Soms word ’n mens vals beskuldig.

Hoe is dit menslik moontlik om in hierdie omstandighede te volhard? Dit is nie menslik moontlik nie. Petrus koppel hierdie vreemde gedrag van respek deur Christenslawe aan Jesus. Hy het gesterf sodat ons kon sterf. Ons doen dinge nie op die ou manier nie (1 Pet 2:24). Ons beledig nie as ander ons beledig nie. Ons deins nie terug van ons Christelike beginsels wanneer iemand ons verneder nie. Ons lewe word ’n getuienis. Ons lewe in gehoorsaamheid aan God se wil. Ons doen wat Jesus gedoen het toe hy valslik beskuldig en beledig is. Moenie onchristelik in jou werksituasie optree nie. Volg Jesus se voorbeeld (1 Pet 2:21)

Here Jesus, dankie dat U my toelaat en vry maak om u voorbeeld te volg. Amen.

* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!