Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
Genenis 5 vers 24: “Henog het naby God geleef. . .”
Toe die Franse Hugenote in die 17de eeu na Suider-Afrika gekom het, was my voorouers onder hulle. Dit mag nie vir jou van belang wees nie, maar dit maak vir my saak. Ek het na die geskiedenis begin kyk en gesien hoeveel verskillende families van voorouers my huidige familie gevorm het.
Geslagsregisters is nie altyd die interessantste leesstof nie. Dit is egter baie waardevolle leesstof in die Bybel. Tussen al die name in Gen 4 en 5 ontdek ons die goue draad van die getrouheid van God. God kon die mensdom na die sondeval vernietig, want Hy is God. Hy kon Kain en sy nageslag van die aarde af wegvee, want Hy is God. Die bedoeling wat Hy met mense gehad het, was ’n mislukking. Hy wou hê dat ons die aarde behoorlik moes vul en bestuur. Hy wou hê ons moet draers van sy beeld wees. Dit alles is vernietig deur die sonde van Adam en Eva. Kain se moord op sy broer Abel dui aan hoe ver ons van God af weggeval het.
In die geslagsregister van Gen 4 en 5 ontdek ons ook hoe mense, ten spyte van hulle ontrou, steeds beelddraers van God genoem word (5:1,2). Onder hulle was Henog, die seun van die moordenaar Kain (4:17), wat naby God gelewe het. Die sonde van Kain het nie die einde van God se genade in Henog se lewe beteken nie.
God bly getrou, al is ons ontrou of al was ons voorouers ontrou. Kom ons leef naby Hom.
Getroue God, ons dank U dat daar geen einde aan U liefde is nie, in Jesus se Naam. Amen.
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie