Bybelse wysheid
DR ANNES NEL
Johannes 20 vers 21: “Soos die Vader My gestuur het, stuur Ek julle ook.”
Martin Luther het gesê Christene in hierdie wêreld moet vir twee dinge sorg: die Woord van God en die werk van God.
As jy glo dat die Here lewe, vloei hierdie oortuiging deur ons. Toe Jesus een Sondagaand ná Sy opstanding aan sy dissipels verskyn het, het Hy hulle betrek by sy plan vir die wêreld: “Soos die Vader My gestuur het, stuur Ek julle.”
Waarmee stuur Hy hulle die wêreld in? Jesus was God se Sendeling na die wêreld. Sy taak was baie duidelik. Hy is die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem (1:29). Dit het hy klaar gedoen. Sy werk is voltooi (Johannes 19:30). Nou het hy opgestaan, hy is Heer oor die dood.
Jesus se bediening moet nou deur sy volgelinge in die wêreld voortgesit word. Hy gee hulle dadelik opdrag om getuies van sy liefde te wees. Hulle moet die vergewing van sondes aan mense gaan verkondig: “As julle vir mense hulle sondes vergewe, word dit hulle deur God vergewe” (20:23). Deur ons, die volgelinge van Jesus, behoort mense die wonderlike vryheid te ervaar van die vergifnis wat deur die bloed van Jesus Christus bewerk word.
God stuur jou vandag om hierdie boodskap van troos aan mense met gebroke lewens te bring. Ons deel die Woord van God, wat die woord van genade en vergifnis is. Ons doen die werk van God en gaan voort met sy bediening van genade in die krag van sy Gees.
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie